Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 11

:
Afrikaans - AFR20
1 Sofar uit Naäma het hierop gereageer en gesê:
2 Moet 'n stortvloed woorde onbeantwoord gelaat word, of 'n loslippige man gelyk gegee word?
3 Sou jou leë praatjies mense laat swyg, en sou jy die spot dryf en niemand jou beskaam nie?
4 Jy beweer, ‘My siening is suiwer, ek is rein in u oë.’
5 Maar, as God maar net sou praat, sy mond teen jou oopmaak,
6 jou die geheime van die wysheid meedeel, dat dit dubbele voordele bied, dan sou jy besef dat God jou 'n deel van jou sondeskuld laat vergeet.
7 Kan jy die geheimenisse van God ontrafel, of tot die volmaaktheid van die Almagtige deurdring?
8 Dit is hoër as die hemel wat kan jy vermag? Dit is dieper as die •doderyk wat kan jy weet?
9 Langer as die aarde is die maat daarvan, en breër as die see.
10 As Hy verbygaan, gee Hy prys of hou bymekaar; en wie kan Hom keer?
11 Want Hy is die een wat vals mense ken en onreg raaksien. Sal Hy nie daaraan aandag gee nie?
12 As iemand met 'n leë kop verstand kon kry, sou 'n wildedonkiehings as 'n mens gebore kon word.
13 “As jy maar net iemand was wat jou hart daarop gerig het, en jou handpalms na Hom uitgestrek het!
14 As daar onreg aan jou hande kleef, raak ontslae daarvan! Moenie ongeregtigheid in jou tente laat woon nie!
15 Want dan sal jy jou kop kan lig sonder 'n skandvlek; jy sal stewig staan en nie vrees nie.
16 Ja, jy sal van teenspoed vergeet; as water wat verbygevloei het, sal jy daaraan dink.
17 Die lewe sal hoër styg as die middagson, die donker sal soos die oggend wees.
18 Jy sal geborge voel, want daar is hoop. Jy sal alles deurkyk en veilig gaan slaap;
19 jy sal gaan lê, en niemand sal jou opjaag nie. Baie mense sal jou guns soek.
20 Maar die van goddeloses raak dof en die moontlikheid van ontvlugting is vir hulle verlore; hulle enigste verwagting is om die asem uit te blaas.”