Job 11AFR20

1Sofar uit Naäma het hierop gereageer en gesê:

2“ Moet 'n stortvloed woorde onbeantwoord gelaat word, of 'n loslippige man gelyk gegee word?

3Sou jou leë praatjies mense laat swyg, en sou jy die spot dryf en niemand jou beskaam nie?

4Jy beweer, ‘My siening is suiwer, ek is rein in u oë.’

5Maar, as God maar net sou praat, sy mond teen jou oopmaak,

6jou die geheime van die wysheid meedeel, dat dit dubbele voordele bied, dan sou jy besef dat God jou 'n deel van jou sondeskuld laat vergeet.

7Kan jy die geheimenisse van God ontrafel, of tot die volmaaktheid van die Almagtige deurdring?

8Dit is hoër as die hemel – wat kan jy vermag? Dit is dieper as die •doderyk – wat kan jy weet?

9Langer as die aarde is die maat daarvan, en breër as die see.

10As Hy verbygaan, gee Hy prys of hou bymekaar; en wie kan Hom keer?

11Want Hy is die een wat vals mense ken en onreg raaksien. Sal Hy nie daaraan aandag gee nie?

12As iemand met 'n leë kop verstand kon kry, sou 'n wildedonkiehings as 'n mens gebore kon word.

13“As jy maar net iemand was wat jou hart daarop gerig het, en jou handpalms na Hom uitgestrek het!

14As daar onreg aan jou hande kleef, raak ontslae daarvan! Moenie ongeregtigheid in jou tente laat woon nie!

15Want dan sal jy jou kop kan lig sonder 'n skandvlek; jy sal stewig staan en nie vrees nie.

16Ja, jy sal van teenspoed vergeet; as water wat verbygevloei het, sal jy daaraan dink.

17Die lewe sal hoër styg as die middagson, die donker sal soos die oggend wees.

18Jy sal geborge voel, want daar is hoop. Jy sal alles deurkyk en veilig gaan slaap;

19jy sal gaan lê, en niemand sal jou opjaag nie. Baie mense sal jou guns soek.

20Maar die oë van goddeloses raak dof en die moontlikheid van ontvlugting is vir hulle verlore; hulle enigste verwagting is om die asem uit te blaas.”

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Job 11.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.