Jeremiah 47AFR20

1Die woord van die Here wat tot Jeremia, die profeet, gekom het oor die Filistyne, voordat die farao Gasa verslaan het.

2So sê die Here: “Kyk, water gaan styg uit die noorde, en dit gaan 'n spruit in vloed word. Dit sal die land en alles daarop oorstroom, stede en die inwoners daarin. Mense sal om hulp roep; al die inwoners van die land sal huil

3oor die stampgeluid van sy hingste se hoewe, oor die gedruis van sy strydwaens, oor die gedreun van hulle wiele – ouers draai nie om na kinders nie, omdat hulle hande slap hang –

4oor die dag wat kom om al die Filistyne te verdelg, om elke helper van Tirus en Sidon wat oorgebly het, uit te roei.” Ja, die Here verdelg die Filistyne, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.

5'n Kaalgeskeerde plek verskyn op die kop van Gasa; Askelon is vernietig. Oorblyfsel van hulle vlakte, hoe lank nog gaan jy jou stukkend kerf?

6Helaas! Swaard van die Here, hoe lank nog sal jy nie rus hê nie? Keer terug na jou skede; kom tot rus en wees stil!

7Hoe kan hy dan rus hê? Die Here het hom 'n opdrag gegee teen Askelon en die kusstreek. Daar het Hy hom aangestel.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Jeremiah 47.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.