Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Isaiah 62

:
Afrikaans - AFR20
1 Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, ter wille van Jerusalem nie rus nie, totdat haar geregtigheid deurbreek soos 'n helder lig, haar verlossing brand soos 'n fakkel.
2 Nasies sal jou geregtigheid sien, en al die konings jou roem. Aan jou sal 'n nuwe naam gegee word; die mond van die Here self sal dit bepaal.
3 Jy sal 'n sierlike erekroon wees in die hand van die Here, 'n kosbare koninklike hoofband in die handpalm van jou God.
4 Mense sal nie meer vir jou “Verlatene” nie, en vir jou land nie meer “Woesteny” nie; maar jy sal genoem word “My Vreugde is in Haar”, en jou land “Getroude”. Want die Here vind vreugde in jou, en jou land sal getroud wees;
5 ja, soos 'n jong man trou met 'n jong meisie, sal jou kinders met jou trou. Met die vreugde van 'n bruidegom oor sy bruid, sal jou God Hom oor jou verheug.
6 Op jou stadsmure, Jerusalem, het ek wagte uitgesit. Dwarsdeur die dag en nag sal hulle nie 'n oomblik lank swyg nie. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, gun julleself geen rus nie!
7 Gun Hom ook geen rus nie, totdat Hy haar gevestig het, totdat Hy Jerusalem 'n loflied op aarde gemaak het!
8 Die Here het 'n eed afgelê by sy regterhand, by sy kragtige voorarm: “Ek sal nie meer jou koring as voedsel aan jou vyande gee nie, en vreemdes sal nie meer jou •nuwe wyn drink waarvoor jy jou vermoei het nie.
9 Maar wie insamel, sal eet, en hulle sal die Here loof. Wie druiwe oes, sal die nuwe wyn drink in my heilige voorhowe.”
10 Gaan deur, gaan deur die poorte, maak die pad vir die volk gereed. Vul op, vul die grootpad op! Vul dit op! Verwyder die klippe! Hou 'n banier omhoog vir die volke.
11 Kyk, die Here laat dit hoor tot by die einde van die aarde: “Sê vir die dogter van Sion, ‘Kyk, jou verlossing kom! Kyk, sy vergoeding is by Hom, sy beloning is voor Hom.
12 Hulle sal genoem word Heilige Volk, Losgekooptes van die Here. En jy, Jerusalem, sal genoem word Gesogte, Stad wat nie Verlate is nie.”