Isaiah 4AFR20

1Op daardie dag sal sewe vroue een man vasgryp en sê: “Ons eie brood sal ons eet en ons eie klere sal ons dra, laat jou naam net oor ons genoem word; neem ons bespotting weg!”

2Op daardie dag sal die loot van die Here pragtig en luisterryk wees; en die opbrengs van die land sal die trots en roem wees van dié Israeliete wat ontkom het.

3Dié wat oorbly in Sion, wat agtergelaat word in Jerusalem, sal heilig genoem word, almal wat vir die lewe opgeskryf is in Jerusalem.

4As my Heer die vuilheid van die vroue van Sion afgewas, en die bloedskuld van Jerusalem uit haar midde weggespoel het, deur 'n gees wat oordeel en 'n gees wat wegvee,

5sal die Here oor die hele gebied van die berg Sion en oor die byeenkoms by Sion bedags 'n wolk skep, en snags rook en die glans van vuurvlamme. Ja, oor alles wat luisterryk is, sal dit 'n gewelf vorm.

6'n Takskerm sal dit bedags wees as skaduwee teen die hitte, en 'n skuilplek en beskutting teen stortbuie en reën.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 4.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.