Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 24

:
Afrikaans - AFR20
1 Kyk, die Here gaan die land kaal stroop en dit verniel; Hy gaan sy oppervlakte skend, sy inwoners uitmekaar jaag.
2 Dit sal met priesters gaan soos met die volk, met hulle eienaars soos met slawe, met hulle eienaresse soos met slavinne, met verkopers soos met kopers, met leners soos met uitleners, met skuldenaars soos met geldskieters.
3 Die land word heeltemal kaal gestroop, volledig geplunder. Ja, die Here, Hy het hierdie uitspraak gemaak.
4 Die aarde verdroog, dit verskrompel; die bewoonde wêreld kwyn weg, dit verskrompel. Die vername mense van die aarde kwyn weg.
5 Die aarde besoedel onder sy inwoners: Hulle het wette oortree, vaste voorskrifte die rug toegekeer, 'n ewige verbond verbreek.
6 Daarom verteer 'n vloek die aarde, en boet dié wat daarop woon. Daarom word die bewoners van die aarde minder, en bly daar weinig sterflinge oor.
7 Die •nuwe wyn het opgeraak, wingerde kwyn weg, almal wat vrolik van hart was, sug.
8 Die vreugde van die tamboeryn het opgehou, die gejoel van uitgelate mense het tot 'n einde gekom, die vreugde van die lier het opgehou.
9 Geen lied meer wanneer wyn gedrink word nie sterk drank is bitter vir wie dit drink.
10 Die leë stad verbreek elke huis geslote, ontoeganklik.
11 Daar is 'n gejammer oor wyn in die strate; alle blydskap het weggesink, verban is die vreugde van die land.
12 Wat in die stad oor is, is 'n skrikbeeld; tot 'n murasie is die stadspoort verpletter.
13 Ja, so sal dit midde-in die land tussen die volke wees soos met die afslaan van olywe, soos met oesreste as die druiweoes verby is.
14 Dit is hulle wat hardop sal jubel. Oor die verhewenheid van die Here sal hulle uitroep uit die weste.
15 Daarom, vereer die Here in die land van die môrelig! Vereer in die eilande van die weste die Naam van die Here, die God van Israel.
16 Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere 'n sieraad vir die Regverdige. Maar ek sê: “Dit is klaar met my! Dit is klaar met my! Wee my!” Verraderlike mense is ontrou; verraderlike mense pleeg verraad.
17 Verskrikking, 'n vanggat, 'n vangnet wag op julle, bewoners van die aarde.
18 Wie vlug vir die geluid van verskrikking, val in die vanggat; wie uitklim uit die vanggat, word gevang in die vangnet. Want vensters in die hemel is oopgemaak, die fondamente van die aarde bewe.
19 Al krakend bars die aarde uitmekaar, al waggelend wankel die aarde, steierend slinger die aarde heen en weer.
20 Onvas steier die aarde soos 'n dronke, ruk heen en weer soos 'n takskerm. Sy oortreding rus swaar op hom; hy val en staan nie weer op nie.
21 Op daardie dag sal die Here afreken, in die hemel, met die hemelliggame, op die aarde, met die konings van die aarde.
22 Hulle sal byeengebring word vir opsluiting, as gevangenes in 'n put toegesluit in 'n kerker. 'n lang tyd sal met hulle afgereken word.
23 Die volmaan sal verleë wees, die helder son sal beskaamd staan. Want die Here, Heerser oor alle magte, regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes in heerlikheid.