Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Isaiah 16

:
Afrikaans - AFR20
1 Stuur ramlammers van die regeerder van die land uit Sela deur die woestyn na die berg van die dogter van Sion.
2 Soos voëls wat vlug, 'n broeisel wat verjaag is, is die vroue van Moab by die driwwe van die Arnon.
3 Kom met 'n plan, Sion, neem 'n besluit! Maak jou skaduwee soos die nag in die middel van die dag. Steek dié wat verdryf is, weg! Dié wat vlug, moet jy nie verraai nie.
4 Laat die vlugtelinge van Moab by jou vertoef. Wees vir hulle 'n skuilplek teen die verwoester. Wanneer die verdrukker nie meer daar is nie, die verwoesting afgeloop het, die vernielers uit die land verdwyn het,
5 sal, deur troue liefde, 'n troon gevestig word. Daarop sal iemand in getrouheid in die tent van Dawid sit iemand wat regspreek, wat streef na wat reg is, en ervare is in geregtigheid.
6 Ons het gehoor van die trots van Moab, van die groot vermetelheid. Sy hoogmoed, sy trots en woedebuie, sy gespog, is blote skyn.
7 Daarom weeklaag Moab oor Moab, hulle almal weeklaag. Oor die saamgeperste rosyne van Kir-Geres kla julle, heeltemal verslae;
8 want die terrasse van Gesbon het verdroog, ook die wingerde van Sibma. Die grondeienaars van die nasies het die stad se edeldruiwe platgetrap. Dit het voorheen selfs tot by Jaser gestrek, die woestyn in gerank. Die stad se ranke was welig, dit het die see oorgesteek.
9 Daarom treur ek, soos Jaser treur, oor die wingerde van Sibma. Ek sal jou met my trane deurweek, Hesbon, en ook Elale; want oor jou somervrugte en jou graanoes het die vreugdekrete stil geword.
10 Vreugde en gejuig is weggeneem uit die vrugteboorde; in die wingerde word daar nie gejubel nie, word vreugderoepe nie aangehef nie. Wat wyn in die parskuipe betref die druiwetrappers trap niks uit nie. “Aan vreugdekrete het Ek 'n einde gemaak.”
11 Daarom, soos 'n lier kla my ingewande oor Moab, my binneste oor Kir-Geres.
12 Wanneer Moab weer sy verskyning maak, hom afsloof op die offerhoogtes, wanneer hy by sy heiligdom aankom om te bid, sal hy niks uitrig nie.
13 Dit is die woord wat die Here vroeër teen Moab uitgespreek het.
14 Maar nou die Here: “Binne drie jaar, bereken soos die jare van 'n huurarbeider, sal die luister van Moab iets minderwaardigs wees, ten spyte van sy groot menigte. Die oorblyfsel wat min, klein, sal wees, sal nie krag nie.”