Isaiah 15AFR20

1Profesie oor Moab. Ja, oornag is Ar-Moab verwoes, vernietig. Ja, oornag is Kir-Moab verwoes, vernietig.

2Hulle gaan op na die tempel; Dibon gaan na die offerhoogtes om te huil. Moab weeklaag oor Nebo en Medeba; op al hulle koppe is kaal plekke, elke baard is afgeskeer.

3In hulle strate het hulle rouklere aan; op hulle dakke en hulle dorpspleine weeklaag almal, terwyl hulle huilend neersak.

4Gesbon en Elale roep om hulp; tot by Jahas word hulle stemme gehoor. Daarom skreeu die gewapende manne van Moab; Moab se moed begewe hom.

5My hart roep dit uit oor Moab. Sy vlugtelinge is al by Soar, by Eglat-Selisija. Ja, die opdraande na Lugit – terwyl hulle huil, gaan hulle daarteen op; ja, op pad na Goronajim laat hulle noodroepe opklink oor die verwoesting.

6Ja, die waters by Nimrim word 'n afgryslike plek, want die gras verdor, die plantegroei is tot niet – daar is geen groenigheid meer nie.

7Daarom, wat hulle gespaar het, wat weggesit is, dit dra hulle oor die Wilgerspruit.

8Ja, die hulpgeroep weergalm oor die grondgebied van Moab; hulle weeklag dring deur tot by Eglajim, hulle weeklag bereik Beër-Elim,

9want die waters by Dimon is vol bloed. Tog gaan Ek Dimon verder belas – daar wag leeus vir wie vrykom van Moab, vir wie oorbly in die land.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 15.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.