Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 15

:
Afrikaans - AFR20
1 Profesie oor Moab. Ja, oornag is Ar-Moab verwoes, vernietig. Ja, oornag is Kir-Moab verwoes, vernietig.
2 Hulle gaan op na die tempel; Dibon gaan na die offerhoogtes om te huil. Moab weeklaag oor Nebo en Medeba; op al hulle koppe is kaal plekke, elke baard is afgeskeer.
3 In hulle strate het hulle rouklere aan; op hulle dakke en hulle dorpspleine weeklaag almal, terwyl hulle huilend neersak.
4 Gesbon en Elale roep om hulp; tot by Jahas word hulle stemme gehoor. Daarom skreeu die gewapende manne van Moab; Moab se moed begewe hom.
5 My hart roep dit uit oor Moab. Sy vlugtelinge is al by Soar, by Eglat-Selisija. Ja, die opdraande na Lugit terwyl hulle huil, gaan hulle daarteen op; ja, op pad na Goronajim laat hulle noodroepe opklink oor die verwoesting.
6 Ja, die waters by Nimrim word 'n afgryslike plek, want die gras verdor, die plantegroei is tot niet daar is geen groenigheid meer nie.
7 Daarom, wat hulle gespaar het, wat weggesit is, dit dra hulle oor die Wilgerspruit.
8 Ja, die hulpgeroep weergalm oor die grondgebied van Moab; hulle weeklag dring deur tot by Eglajim, hulle weeklag bereik Beër-Elim,
9 want die waters by Dimon is vol bloed. Tog gaan Ek Dimon verder belas daar wag leeus vir wie vrykom van Moab, vir wie oorbly in die land.