Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 12

:
Afrikaans - AFR20
1 Jy sal op daardie dag sê: “Ek dank U, Here, Ja, U was toornig op my, maar u toorn het bedaar, U troos my.
2 Kyk, God is my verlossing; ek vertrou en is nie ontsteld nie. Ja, die Here, die Here is my toevlug en my sterkte; Hy het my tot hulp gekom.
3 Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing.
4 Julle sal op daardie dag sê, ‘Prys die Here! Roep sy Naam uit! Maak onder die volke sy dade bekend! Verkondig dat sy Naam verhewe is!
5 Besing die Here, want verhewe dinge het Hy gedoen; dit moet bekend word oor die hele aarde.’
6 Roep uit en jubel, inwoners van Sion, want die Heilige van Israel is groot in julle midde.”