Isaiah 11AFR20

1Maar 'n takkie sal spruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra.

2Die gees van die Here sal op hom rus – die gees van wysheid en insig, die gees van raad en sterkte, die gees van kennis en ontsag vir die Here.

3Hy sal genot put uit ontsag vir die Here. Hy sal nie 'n beslissing vel volgens wat sy oë sien nie, en nie teregwys volgens wat sy ore hoor nie.

4Hy sal regverdig beslis oor die armes, en die magteloses van die land billik teregwys. Hy sal die land slaan met die stok van sy mond, en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.

5Geregtigheid sal 'n gordel om sy middel wees, en betroubaarheid 'n gordel om sy heupe.

6'n Wolf sal by 'n lam vertoef, en 'n luiperd sal by 'n boklam gaan lê, 'n kalf, 'n jong leeu en vetgemaakte vee bymekaar – 'n klein seuntjie sal hulle lei.

7'n Koei en 'n beerwyfie sal saam wei, en hulle kleintjies sal saam gaan lê. 'n Leeu sal soos 'n bees gras eet.

8'n Suigeling sal speel by die gat van 'n horingslang, en 'n kleuter sal sy hand uitsteek na die nes van 'n kobra.

9Mense sal nie kwaad doen of hulle wangedra nie – nêrens op my hele heilige berg nie; want die land sal vol wees van die kennis van die Here, soos water die see bedek.

10Op daardie dag sal die wortel van Isai as banier vir die volke bly staan – die nasies sal daarna vra, en sy rusplek sal luisterryk wees.

11Op daardie dag sal my Heer weer, vir 'n tweede keer, sy hand uitsteek om die oorblyfsel van sy volk te koop – hulle wat oorgebly het in Assirië, Egipte, Patros, Kus, Elam, Sinar, Hamat en die eilande van die see.

12Hy sal 'n banier opsteek vir die nasies; Hy sal die verstrooides van Israel versamel, en dié van Juda wat uitmekaar gejaag is, byeenbring uit die vier uithoeke van die aarde.

13Die naywer van Efraim sal wyk, en die teenstanders van Juda sal uitgeroei word. Efraim sal nie afgunstig wees op Juda nie, en Juda sal nie vyandig optree teenoor Efraim nie.

14Na die westekant sal hulle neerswiep op die berghang van die Filistyne – saam beroof hulle mense uit die ooste. Op Edom en Moab sal hulle die hand lê, en die Ammoniete sal hulle onderdane word.

15Die Here sal die tong van die Egiptiese See verdeel, sy hand oor die Rivier laat gaan met sy geweldige wind. Hy sal dit in sewe strome uitmekaar slaan; Hy sal mense met sandale daar laat deurloop.

16Daar sal 'n grootpad uit Assirië wees vir die res van sy volk, dié wat oorgebly het, soos daar vir Israel was die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 11.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.