Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 6

:
Afrikaans - AFR20
1 “Kom ons keer terug na die Here want Hy is die Een wat ons verskeur het, maar Hy sal ons gesond maak; Hy het ons geslaan, maar Hy sal ons wonde verbind.
2 Hy sal ons twee dae lewend maak, op die derde dag sal Hy ons laat opstaan, sodat ons voor Hom kan lewe.
3 Laat ons Hom ken, laat ons daarna streef om die Here te ken. So seker soos dagbreek is sy verskyning; Hy sal soos reën na ons toe kom, soos lentereën wat die grond deurnat maak.”
4 Wat moet Ek met jou doen, Efraim? Wat moet Ek met jou doen, Juda? Julle trou is soos 'n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn.
5 Daarom het Ek hulle neergevel deur die profete, hulle omgebring met die woorde van my mond. My oordele verskyn soos die lig;
6 want Ek verwag troue liefde, nie offers nie; kennis van God, eerder as •brandoffers.”
7 Maar hulle het die verbond oortree soos in Adam; daar was hulle ontrou aan My.
8 Gilead is 'n dorp van boosdoeners, hulle laat 'n spoor van bloed.
9 Soos struikrowers wat iemand voorlê, is die priesterbende op die pad na Sigem pleeg hulle moord; ja, hulle tree skandelik op.
10 “In die huis van Israel het Ek iets afskuweliks gesien: Daar het die hoerery van Efraim plaasgevind, is Israel verontreinig.”
11 Ook Juda Hy het vir jou 'n oes bestem. “Terwyl Ek die lot van my volk verander,