1“Kom ons keer terug na die Here – want Hy is die Een wat ons verskeur het, maar Hy sal ons gesond maak; Hy het ons geslaan, maar Hy sal ons wonde verbind.
2Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag sal Hy ons laat opstaan, sodat ons voor Hom kan lewe.
3Laat ons Hom ken, laat ons daarna streef om die Here te ken. So seker soos dagbreek is sy verskyning; Hy sal soos reën na ons toe kom, soos lentereën wat die grond deurnat maak.”
4“ Wat moet Ek met jou doen, Efraim? Wat moet Ek met jou doen, Juda? Julle trou is soos 'n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn.
5Daarom het Ek hulle neergevel deur die profete, hulle omgebring met die woorde van my mond. My oordele verskyn soos die lig;
6want Ek verwag troue liefde, nie offers nie; kennis van God, eerder as •brandoffers.”
7“ Maar hulle het die verbond oortree soos in Adam; daar was hulle ontrou aan My.
8Gilead is 'n dorp van boosdoeners, hulle laat 'n spoor van bloed.
9Soos struikrowers wat iemand voorlê, is die priesterbende – op die pad na Sigem pleeg hulle moord; ja, hulle tree skandelik op.
10“In die huis van Israel het Ek iets afskuweliks gesien: Daar het die hoerery van Efraim plaasgevind, is Israel verontreinig.”
11Ook Juda – Hy het vir jou 'n oes bestem. “Terwyl Ek die lot van my volk verander,