Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 7

:
Afrikaans - AFR20
1 terwyl Ek Israel genees, kom die sondeskuld van Efraim en die booshede van Samaria aan die lig. Ja, hulle het vals opgetree: Diewe breek in, en op straat plunder rowerbendes.
2 Hulle dink nie eers daaraan dat Ek al hulle boosheid in gedagte hou nie. Nou het hulle dade hulle ingehaal; dit oop en bloot voor My.”
3 Met hulle boosheid verheug hulle die koning, en met hulle leuens, leiers;
4 hulle is almal ontroues. Dit is soos 'n oond wat bly smeul, soos wanneer die bakker ophou vuurmaak, vandat die deeg geknie is totdat dit uitgerys het.
5 Op die dag van ons koning het hulle die leiers bedwelm met die gloed van wyn; dit het die raadgewers in sy mag meegevoer.
6 Toe hulle hulde betoon het, was hulle harte soos 'n oond, terwyl hulle 'n hinderlaag opstel. Die hele nag sluimer hulle drif; teen die môre vlam dit op soos 'n vuur.
7 Hulle het almal gegloei soos 'n oond; hulle het hulle heersers verteer; al hulle konings het tot 'n val gekom. Daar is onder hulle nie een wat na My roep nie.”
8 “Efraim is onder die nasies, hy word self geknie. Efraim het geword soos 'n roosterkoek wat nie omgedraai is nie.
9 Vreemdes het sy kragte verteer, maar hy besef dit nie. Hy het ook grys geword, maar hy besef dit nie.
10 Israel se hoogmoed getuig teen hom, maar hulle keer nie terug na die Here hulle God nie; te midde van dit alles soek hulle Hom nie op nie.
11 Efraim het geword soos 'n duif dom en sonder verstand. Hulle het vir Egipte gekoer, maar na Assirië gevlieg.
12 Wanneer hulle vlieg, sprei Ek my vangnet oor hulle uit. Soos voëls van die hemel sal Ek hulle neertrek. Ek sal hulle vang soos iemand wat vir die swerm luister.
13 Wee hulle, want hulle vlug weg van My af. Verwoesting wag op hulle, want hulle het teen My oortree. Ek wou hulle verlos, maar hulle het leuens oor My vertel.
14 Hulle roep nie uit die hart na My om hulp nie; want hulle kerm op hulle lêplekke; oor koring en •nuwe wyn sny hulle hulleself stukkend so draai hulle teen My.
15 Ek is die Een wat hulle geleer het. Ek het hulle arms sterk gemaak, maar teen My beplan hulle kwaad.
16 Hulle keer terug na wat nutteloos is; hulle het soos 'n slap boog geword. Hulle leiers sal deur die swaard val oor die vervloeking wat hulle uitgespreek het. Dit sal hulle bespotting wees in Egipteland.