Hosea 5AFR20

1“ Luister hierna, priesters; gee ag, huis van Israel; en koningshuis, gee aandag, want die oordeel is vir julle bedoel: Ja, julle het 'n wip geword vir Mispa, 'n oopgespreide vangnet op Tabor,

2julle het 'n diep vanggat in Sittim gegrawe. Maar Ek is 'n tugtiging vir hulle almal.

3“Ek ken Efraim en Israel is vir my nie verborge nie; ja, nou het jy gehoereer, Efraim, Israel het homself verontreinig.”

4Hulle dade laat hulle nie toe om na hulle God terug te keer nie, want 'n gees van hoerery heers in hulle midde, en hulle ken die Here nie.

5Israel se hoogmoed getuig openlik teen hom, en Israel en Efraim sal deur hulle sondeskuld struikel. Ook Juda het saam met hulle gestruikel.

6Met hulle kleinvee en beeste gaan hulle om die Here te soek, maar hulle sal Hom nie vind nie – Hy het Hom aan hulle onttrek.

7Teenoor die Here was hulle ontrou, want hulle het buite-egtelike kinders verwek. Nou gaan Hy hulle met nuwemaan verteer, saam met hulle landerye.

8“ Blaas die •ramshoring in Gibea, die trompet in Rama; hef die krygsgeskreeu aan in Bet-Awen! Agter jou is Benjamin!

9Efraim, jy gaan 'n woesteny word op die dag van straf. Onder die stamme van Israel maak Ek bekend wat betroubaar is.

10“ Die leiers van Juda het geword soos hulle wat grenslyne verlê. Oor hulle sal Ek my gramskap uitstort soos water.

11Efraim is verdruk en die reg is verkrag, want hy was gretig om agter 'n nikswerd aan te loop.

12Maar Ek is soos 'n abses vir Efraim, soos verrotting vir die huis van Juda.

13Toe Efraim sy siekte bemerk en Juda sy sweer, het Efraim na Assirië gegaan, 'n afvaardiging na koning Jareb gestuur. Maar hy kan julle nie gesond maak nie, hy kan julle van die sweer nie genees nie.

14Want Ek is soos 'n leeu teenoor Efraim, soos 'n jong leeu teenoor die huis van Juda. Ek, ja Ek, verskeur en stap weg, Ek dra weg terwyl niemand kan red nie.

15Ek gaan weer terug na my plek, totdat hulle skuld bely, en my teenwoordigheid opsoek; in hulle nood sal hulle My soek.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Hosea 5.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.