Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Hosea 5

:
Afrikaans - AFR20
1 Luister hierna, priesters; gee ag, huis van Israel; en koningshuis, gee aandag, want die oordeel is vir julle bedoel: Ja, julle het 'n wip geword vir Mispa, 'n oopgespreide vangnet op Tabor,
2 julle het 'n diep vanggat in Sittim gegrawe. Maar Ek is 'n tugtiging vir hulle almal.
3 “Ek ken Efraim en Israel is vir my nie verborge nie; ja, nou het jy gehoereer, Efraim, Israel het homself verontreinig.”
4 Hulle dade laat hulle nie toe om na hulle God terug te keer nie, want 'n gees van hoerery heers in hulle midde, en hulle ken die Here nie.
5 Israel se hoogmoed getuig openlik teen hom, en Israel en Efraim sal deur hulle sondeskuld struikel. Ook Juda het saam met hulle gestruikel.
6 Met hulle kleinvee en beeste gaan hulle om die Here te soek, maar hulle sal Hom nie vind nie Hy het Hom aan hulle onttrek.
7 Teenoor die Here was hulle ontrou, want hulle het buite-egtelike kinders verwek. Nou gaan Hy hulle met nuwemaan verteer, saam met hulle landerye.
8 Blaas die •ramshoring in Gibea, die trompet in Rama; hef die krygsgeskreeu aan in Bet-Awen! Agter jou is Benjamin!
9 Efraim, jy gaan 'n woesteny word op die dag van straf. Onder die stamme van Israel maak Ek bekend wat betroubaar is.
10 Die leiers van Juda het geword soos hulle wat grenslyne verlê. Oor hulle sal Ek my gramskap uitstort soos water.
11 Efraim is verdruk en die reg is verkrag, want hy was gretig om agter 'n nikswerd aan te loop.
12 Maar Ek is soos 'n abses vir Efraim, soos verrotting vir die huis van Juda.
13 Toe Efraim sy siekte bemerk en Juda sy sweer, het Efraim na Assirië gegaan, 'n afvaardiging na koning Jareb gestuur. Maar hy kan julle nie gesond maak nie, hy kan julle van die sweer nie genees nie.
14 Want Ek is soos 'n leeu teenoor Efraim, soos 'n jong leeu teenoor die huis van Juda. Ek, ja Ek, verskeur en stap weg, Ek dra weg terwyl niemand kan red nie.
15 Ek gaan weer terug na my plek, totdat hulle skuld bely, en my teenwoordigheid opsoek; in hulle nood sal hulle My soek.