Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 13

:
Afrikaans - AFR20
1 Wanneer Efraim gepraat het, het almal gebewe; hy was hoog geag in Israel. Maar hy het skuld op hom gelaai deur Baäl en gesterf;
2 en nou gaan hulle voort om te sondig. Hulle het vir hulle gegote beelde gemaak afgode van hulle silwer, met vaardigheid, alles die handewerk van ambagsmanne. Van die beelde hulle: “Mense wat offer, moet die kalwers soen!”
3 Daarom sal hulle word soos 'n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn, soos kaf wat van die dorsvloer, soos rook wat uit 'n venster, weggewaai word.
4 Ek is die Here jou God al van Egipteland af. Buiten My het jy geen ander god geken nie, en naas My was daar geen redder nie.
5 Dit is Ek wat jou in die woestyn versorg het, in 'n bitter droë land.
6 Maar toe hulle weiding kry, het hulle versadig geraak; hulle het versadig geraak en hoogmoedig geword daarom het hulle My vergeet.
7 Ek het vir hulle soos 'n leeu geword, soos 'n luiperd langs die pad hou Ek hulle dop.
8 Ek sal hulle aanval soos 'n beer wat haar kleintjies verloor het. Ek sal hulle borskas oopskeur. Soos 'n leeuwyfie sal ek hulle net daar verslind; die wilde diere sal hulle uitmekaar skeur.
9 Dit het jou vernietig, Israel, dat jy teen My, jou Helper, is.
10 Waar is jou koning dan, dat hy jou kan red in al jou stede? En waar is jou rigters, oor wie jy gesê het, ‘Gee vir my 'n koning en •hoë amptenare’?
11 Ek gee vir jou 'n koning in my toorn, en Ek neem hom weg in my gramskap.
12 Die sondeskuld van Efraim is toegebind, sy sonde word veilig bewaar.
13 Die geboortepyne het vir hom aangebreek, maar hy is 'n kind sonder insig. Wanneer die tyd aanbreek, hy nie reg in die baarmoeder nie.
14 Moet Ek hulle bevry uit die mag van die •doderyk? Moet Ek hulle van die dood loskoop? Waar is jou pessiektes, Dood? Waar is jou epidemie, Doderyk? Medelye is vir my verberg.”
15 Ja, hy bring skeiding tussen broers. Die oostewind, die wind van die Here, steek al op in die woestyn, sodat Efraim se waterbron sal wegdroog, sy fontein sal opdroog. Dit sal die voorraadkamers plunder van alle kosbare voorwerpe.