Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Hosea 14

:
Afrikaans - AFR20
1 Samaria gaan boet, want sy was in opstand teen haar God. Deur die swaard sal hulle val; hulle kinders sal verpletter word, hulle swanger vroue sal oopgesny word.
2 Keer terug, Israel, na die Here jou God, want jy het deur jou sondeskuld gestruikel.
3 Kom met julle woorde en keer terug na die Here. vir Hom: “Vergewe ons sondeskuld volkome, aanvaar ons belydenis; ons wil met die vrug van ons lippe vergoed.
4 Assirië kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie, en ons sal nie meer ons handewerk ‘ons god’ noem nie; want net by U vind die vaderlose ontferming.”
5 Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê. Omdat my woede teen hom bedaar het,
6 sal Ek vir Israel wees soos dou. Hy sal bloei soos 'n narsing, en wortels skiet soos die Libanon.
7 Sy lote sal uitsprei; sy prag sal wees soos dié van 'n olyfboom, en sy geur soos dié van die Libanon.
8 Dié wat in sy skaduwee gewoon het, sal terugkeer; hulle sal koring verbou, en uitspruit soos 'n wingerdstok. Die roem van Israel sal wees soos die wyn van die Libanon.
9 “Efraim, watter ooreenkoms is daar nog tussen My en die afgode? Ek is die Een wat hom antwoord, en Ek hou hom in die oog. Ek is soos 'n immergroen sipres by My word jou vrugbaarheid gevind.”
10 Wie is wys dat hy hierdie dinge kan verstaan, en verstandig dat hy dit kan begryp? Ja, die paaie van die Here is reguit regverdiges loop daarop, maar oortreders sal daarop struikel.