Hosea 14AFR20

1Samaria gaan boet, want sy was in opstand teen haar God. Deur die swaard sal hulle val; hulle kinders sal verpletter word, hulle swanger vroue sal oopgesny word.

2Keer terug, Israel, na die Here jou God, want jy het deur jou sondeskuld gestruikel.

3Kom met julle woorde en keer terug na die Here. Sê vir Hom: “Vergewe ons sondeskuld volkome, aanvaar ons belydenis; ons wil met die vrug van ons lippe vergoed.

4Assirië kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie, en ons sal nie meer ons handewerk ‘ons god’ noem nie; want net by U vind die vaderlose ontferming.”

5“ Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê. Omdat my woede teen hom bedaar het,

6sal Ek vir Israel wees soos dou. Hy sal bloei soos 'n narsing, en wortels skiet soos die Libanon.

7Sy lote sal uitsprei; sy prag sal wees soos dié van 'n olyfboom, en sy geur soos dié van die Libanon.

8Dié wat in sy skaduwee gewoon het, sal terugkeer; hulle sal koring verbou, en uitspruit soos 'n wingerdstok. Die roem van Israel sal wees soos die wyn van die Libanon.

9“Efraim, watter ooreenkoms is daar nog tussen My en die afgode? Ek is die Een wat hom antwoord, en Ek hou hom in die oog. Ek is soos 'n immergroen sipres – by My word jou vrugbaarheid gevind.”

10Wie is wys dat hy hierdie dinge kan verstaan, en verstandig dat hy dit kan begryp? Ja, die paaie van die Here is reguit – regverdiges loop daarop, maar oortreders sal daarop struikel.

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Hosea 14.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.