Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Genesis 10

:
Afrikaans - AFR20
1 Hier volg die familiegeskiedenis van Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Daar is vir hulle seuns gebore die vloed.
2 Jafet se nageslag was Gomer en Magog, Madai, Jawan, Tubal, Meseg en Tiras.
3 Gomer se nageslag was Askenas, Rifat en Togarma.
4 Jawan se nageslag was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en Dodaners
5 deur hulle is die eilande van die nasies bevolk, almal in hulle eie lande, elkeen met sy eie taal, volgens hulle grootfamilies, volgens hulle nasies.
6 Gam se nageslag was Kus, Egipte, Put en Kanaän.
7 Kus se nageslag was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabtega. Rama se nageslag was Skeba en Dedan.
8 Kus het Nimrod verwek. Hy het begin om as 'n maghebber op aarde op te tree.
9 Hy was 'n dapper jagter voor die Here. Daarom word daar gesê: “Soos Nimrod, 'n dapper jagter voor die Here.
10 Die kern van sy ryk was Babel, Ereg, Akkad en Kalne in die land Sinar.
11 Uit hierdie gebied het hy na Assur weggetrek en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou,
12 en ook Resen, tussen Nineve en Kalag dit is die groot stad.
13 Egipte was die voorvader van die Ludeërs, die Anameërs, die Lehabeërs, die Naftugiete,
14 en van die Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne voortgekom het en van die Kaftorane.
15 Kanaän het Sidon verwek, sy eersgeborene, en ook Het,
16 en was die voorvader van die Jebusiete, die •Amoriete, die Girgasiete,
17 die Hewiete, die Eregiete, die Siniete,
18 die Arwadters, die Semariërs en die mense van Hamat. Daarna het die grootfamilies van die Kanaäniete versprei,
19 sodat die grondgebied van die Kanaäniete gestrek het van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, en in die rigting van Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim tot by Lesa.
20 Dit was dan Gam se nageslag, volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies.
21 En vir Sem, die ouer broer van Jafet, ook vir hom is seuns gebore. Hy was die stamvader van die hele nageslag van Heber.
22 Die nageslag van Sem was Elam, Assur, Arpagsad, Lud en Aram.
23 Die nageslag van Aram was Us, Gul, Geter en Mas.
24 Arpagsad het Selag verwek, en Selag het Heber verwek.
25 Vir Heber is twee seuns gebore: die een se naam was Peleg, want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak, en sy broer se naam was Joktan.
26 Joktan het Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,
27 Hadoram, Usal, Dikla,
28 Obal, Abimael, Seba,
29 Ofir, Gawila en Jobab verwek. Hulle almal was die nageslag van Joktan,
30 en hulle woongebied het gestrek van Mesa af in die rigting van Sefar, die heuwelland in die ooste.
31 Dit was dan die nageslag van Sem volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies.
32 Dit was die grootfamilies van Noag se seuns volgens hulle familiegeskiedenis, volgens hulle nasies. Uit hulle het die nasies oor die aarde versprei die vloed.