Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Genesis 11

:
Afrikaans - AFR20
1 Die hele aarde het een taal gehad en dieselfde woorde.
2 Met hulle trek na die ooste kom hulle toe af op 'n vallei in die land Sinar en gaan woon daar.
3 Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons maak kleistene en bak dit hard.” Die kleistene word toe hulle boustene, en asfalt word hulle messelklei.
4 Hulle toe: “Kom ons bou vir ons 'n stad en 'n toring met sy bopunt in die hemel, sodat ons vir onsself naam maak; anders versprei ons oor die hele aarde.”
5 Maar die Here het afgedaal om na die stad en die toring te kyk wat die mensekinders bou.
6 Die Here toe: “Kyk, dit is een volk, en hulle almal het een taal, en dit is maar die begin van wat hulle gaan doen. Nou sal niks van wat hulle beplan om te doen, vir hulle onmoontlik wees nie.
7 Kom, laat Ons afgaan en hulle taal daar verwar, dat die een nie die ander se taal verstaan nie.”
8 Die Here het hulle daarvandaan oor die hele aarde versprei, en hulle het opgehou om die stad te bou.
9 Daarom word dit Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar. Daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde versprei.
10 Hier volg die familiegeskiedenis van Sem: Sem was 100 jaar oud toe hy Arpagsad verwek het, twee jaar die vloed.
11 Nadat hy Arpagsad verwek het, het Sem nog 500 jaar geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
12 Arpagsad het vyf-en-dertig jaar geleef, en toe het hy Selag verwek.
13 Nadat hy Selag verwek het, het Arpagsad nog 403 jaar geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
14 Selag het dertig jaar geleef, en toe het hy Heber verwek.
15 Nadat hy Heber verwek het, het Selag nog 403 jaar geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
16 Heber het vier-en-dertig jaar geleef, en toe het hy Peleg verwek.
17 Nadat hy Peleg verwek het, het Heber nog 430 jaar geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
18 Peleg het dertig jaar geleef, en toe het hy Reü verwek.
19 Nadat hy Reü verwek het, het Peleg nog 209 jaar geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
20 Reü het twee-en-dertig jaar geleef, en toe het hy Serug verwek.
21 Nadat hy Serug verwek het, het Reü nog 207 jaar geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
22 Serug het dertig jaar geleef, en toe het hy Nahor verwek.
23 Nadat hy Nahor verwek het, het Serug nog 200 jaar geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
24 Nahor het nege-en-twintig jaar geleef, en toe het hy Tera verwek.
25 Nadat hy Tera verwek het, het Nahor nog 119 jaar geleef, en hy het seuns en dogters verwek.
26 Tera het sewentig jaar geleef. Hy het Abram, Nahor en Haran verwek.
27 Hier volg die familiegeskiedenis van Tera. Tera het Abram, Nahor en Haran verwek, en Haran het Lot verwek.
28 Haran het in Ur van die Galdeërs, die land van sy familie, gesterf, terwyl sy vader Tera nog geleef het.
29 Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka. Sy was 'n dogter van Haran; hy was die vader van Milka en Jiska.
30 Sarai was onvrugbaar; sy het nie 'n kind gehad nie.
31 Tera het sy seun Abram en sy kleinseun Lot, Haran se seun, asook sy skoondogter Sarai, die vrou van sy seun Abram, geneem, en hulle het saam met hom uit Ur van die Galdeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. Maar toe hulle by Haran kom, het hulle daar gebly.
32 Tera het 205 jaar oud geword. Tera het in Haran gesterf.