Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Genesis 9

:
Afrikaans - AFR20
1 God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde.
2 Ontsag vir julle en vrees vir julle sal al die wilde diere van die aarde, al die voëls van die hemel, alles wat op die grond rondkruip, en al die visse van die see, vervul. In julle hande is hulle oorgegee.
3 Alles wat beweeg, wat leef vir julle sal dit as voedsel dien. Soos die groen gewasse, gee Ek dit alles vir julle.
4 Slegs vleis met sy lewe in, met sy bloed in, mag julle nie eet nie.
5 Maar julle bloed, naamlik julle lewens, sal Ek eis: Van elke dier sal Ek dit eis; van die hand van die mens, die hand van een mens teenoor die ander, sal Ek die lewe van 'n mens eis.
6 Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, deur die mens sal sy bloed vergiet word; want na die beeld van God het Hy die mens gemaak.
7 “Julle dan, wees vrugbaar en vermeerder wemel op die aarde en vermeerder daarop.”
8 Toe God vir Noag en sy seuns by hom:
9 En Ek, kyk, Ek sluit my verbond met julle en julle nageslag julle,
10 en met alle lewende wesens wat by julle is voëls, mak diere, al die wilde diere van die aarde by julle met alles wat uit die ark uitgegaan het, naamlik al die diere op die aarde.
11 Ek sluit my verbond met julle: Nooit weer sal alle vlees deur die waters van die vloed uitgeroei word nie; ja, daar sal nie weer 'n vloed wees om die aarde te verdelg nie.”
12 God het gesê: “Dit is die verbondsteken wat Ek plaas tussen My en julle en al die lewende wesens by julle, vir toekomende geslagte:
13 My boog plaas Ek in die wolke. Dit sal dien as teken van die verbond tussen My en die aarde.
14 Wanneer Ek wolke laat saampak oor die aarde, en die boog verskyn in die wolke,
15 sal Ek my verbond onthou wat daar is tussen My en julle en elke lewende wese, ja, alle vlees. Die waters sal nie weer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie.
16 Wanneer die boog in die wolke is, sal Ek dit sien, om so herinner te word aan die ewigdurende verbond tussen God en alle lewende wesens, alle vlees wat op die aarde is.”
17 God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek gesluit het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.”
18 Die seuns van Noag wat uit die ark gegaan het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die vader van Kanaän.
19 Hierdie drie was die seuns van Noag, en uit hulle is die hele aarde bevolk.
20 Noag, 'n man van die grond, was die eerste wat 'n wingerd geplant het.
21 Hy het van die wyn gedrink, dronk geword en homself kaal uitgetrek in sy tent.
22 Gam, die vader van Kanaän, het die naaktheid van sy vader gesien en dit buite vir sy twee broers gaan vertel.
23 Sem en Jafet neem toe 'n oorkleed, hou dit oor hulle al twee se skouers, gaan agteruit die tent binne en bedek die naaktheid van hulle vader. Hulle gesigte was weggedraai, en die naaktheid van hulle vader het hulle nie gesien nie.
24 Toe Noag uit sy roes wakker word en hy besef wat sy jongste seun aan hom gedoen het,
25 het hy gesê: “Vervloek is Kanaän! Die laagste slaaf sal hy vir sy broers wees.”
26 Hy het ook gesê: “Die Here, die God van Sem, moet geprys word! Kanaän moet Sem se slaaf wees.
27 Mag God ruimte skep vir Jafet; mag hy woon in die tente van Sem, en mag Kanaän sy slaaf wees.”
28 die vloed het Noag nog driehonderd-en-vyftig jaar lank geleef.
29 Noag het altesaam negehonderd-en-vyftig jaar lank geleef, en hy het gesterf.