Ecclesiastes 6AFR20

1Daar is 'n euwel wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die mensdom:

2'n man aan wie God rykdom, besittings en eer gee sodat hy niks kortkom van alles wat hy begeer nie, maar God gee hom nie die geleentheid om daarvan te geniet nie, omdat 'n vreemde persoon dit geniet. Dit is sinloos en 'n bitter lyding.

3As iemand honderd kinders verwek en baie jare leef – hoe baie sy lewensjare ook al is – maar sy begeerte na die goeie nie versadig word nie, en daar ook nie 'n begrafnis vir hom is nie, dan sê ek: 'n Misgeboorte is beter as hy!

4Want sonder enige sin kom dit en in duisternis gaan dit; en met duisternis word die naam daarvan bedek;

5boonop het dit die son nie gesien of geken nie. Dit het meer rus as daardie man,

6selfs al leef hy ook twee maal duisend jaar, maar geniet nie wat goed is nie. Gaan alles nie maar na een plek toe nie?

7Al die inspanning van 'n mens is maar net vir sy mond, maar tog kry sy keel nie genoeg nie.

8Ja, watter voordeel is daar vir die wyse bo die dwaas? Watter voordeel is daar vir die magtelose wanneer hy weet hoe om hom te gedra teenoor die wêreld?

9Om met die oë te geniet, is beter as onvervulde begeertes. Ook dit is sinloos en 'n gejaag na wind.

10Wat bestaan, is lankal reeds benoem. Dit is bekend dat hy “mens” is, en hy kan nie 'n regstryd begin met Een wat magtiger as hy is nie.

11Wanneer daar meer woorde is, word die sinloosheid meer. Watter voordeel is daar vir die mens?

12Ja, wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende sy min, sinlose lewensdae wat hy deurbring asof dit 'n skaduwee is? Wie is dit wat die mens kan inlig oor wat ná hom sal gebeur onder die son?

Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za. Bybel in Afrikaans 2020-ver

Choose Translation

Switch translation for Ecclesiastes 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.