Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Zephaniah 3

:
Afrikaans - ABA
1 Dit sal sleg gaan met Jerusalem. Die mense wat daar woon, is opstandig teen die Here. Hulle is sleg, hulle verdruk mekaar.
2 Hulle luister nie wanneer die Here met hulle praat nie, hulle is ongehoorsaam. Hulle dink die Here kan hulle nie help nie en hulle dien Hom nie.
3 Die amptenare in die stad is soos leeus wat brul. Die leiers is soos wolwe wat in die nag kos soek en niks laat oorbly vir die volgende oggend nie.
4 Die profete dink net aan hulleself, jy kan hulle nie glo nie. Die priesters ontwy die gewyde dinge. Hulle is nie gehoorsaam aan die wette van die Here nie.
5 In hierdie stad is dit die Here wat die Regverdige is, Hy doen niks verkeerd nie. Elke oggend wanneer dit lig word, Hy wie is reg en wie is verkeerd. Maar die mense wat verkeerd doen, word nie skaam daaroor nie.
6 Die Here sê: “Ek het die mense van baie volke laat sterf. Ek het die sterk mure om hulle stede afgebreek. Daar is niemand wat in hulle strate loop nie, niemand loop daar verby nie. Ek het die huise in hulle stede afgebreek, daar woon niemand nie.
7 Ek het vir die mense van Jerusalem gesê: ‘Julle moet My eer, julle moet luister wanneer Ek met julle praat.’ As hulle geluister het, dan sou Ek die stad nie verwoes nie en hulle nie straf nie. Maar hulle het aangehou om verkeerd te doen. Alles wat hulle gedoen het, was verkeerd.
8 Daarom moet julle wag vir die dag wanneer Ek kom om julle te straf. Ek het besluit om die volke bymekaar te maak. Ek wil hulle moet voel hoe kwaad Ek is. Ek sal al die mense op die aarde laat brand in die vuur, want Ek is baie kwaad.”
9 “Maar op daardie dag sal Ek die volke verander. Hulle almal sal net vir My aanbid, hulle sal net vir My dien.
10 Die mense wat anderkant die riviere van Kus woon, sal vir My presente bring. Hulle is mense van my volk wat My eer, maar Ek het hulle uit hulle land laat gaan, en hulle het in die land Kus gaan woon.
11 Ek sal die mense tussen julle wegvat wat dink hulle is baie belangrik. Daar sal nie meer hoogmoedige mense op my gewyde berg wees nie. Dan sal julle nie meer skaam wees oor alles wat julle teen My gedoen het nie.
12 'n Nederige en eenvoudige volk sal in Jerusalem oorbly en hulle sal veilig voel by My.
13 Die Israeliete wat nog lewe, sal nie verkeerd doen nie en hulle sal nie lieg nie. Dit sal goed gaan met hulle, soos met skape en bokke wat genoeg eet en dan gaan en rus, en niemand maak hulle skrik nie.”
14 Israeliete, julle wat in Jerusalem woon, julle moet juig en bly wees,
15 want die Here het besluit om julle nie te straf nie. Hy het julle vyande gestop en laat teruggaan. Die Koning van Israel, die Here, is by julle. Julle moenie meer bang wees nie.
16 Daardie dag sal hulle vir die mense in Jerusalem sê: “Julle moenie bang wees nie, mense van Jerusalem, julle moenie moedeloos wees nie.
17 Julle God die Here is by julle. Hy is die Groot Soldaat wat julle sal red. Hy is bly en Hy juig oor julle. Hy is lief vir julle en Hy sing oor julle.”
18 Die Here sê: “Ek sal julle mense wat in ander lande is, bymekaarmaak. Hulle kan nie in die ander lande die feeste van die Here vier nie. Hulle kry swaar omdat julle verkeerd gedoen het.
19 Ek sal nou almal straf wat vir julle verdruk het. Ek sal die lam mense help, ook die mense wat moes vlug en op ander plekke moes gaan woon. Die ander mense het gemaak of my volk niks beteken nie, maar nou sal al die mense op die aarde my volk respekteer.
20 Op daardie dag sal Ek hulle bymekaarmaak en terugbring. Al die volke op die aarde sal hulle respekteer. Hulle sal self sien, dit sal goed gaan met hulle.” Dit die Here.