Psalms 49ABA

1Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Psalm.

2Al die mense moet luister na wat ek sê, almal wat in die wêreld woon, moet dit hoor,

3almal saam, ryk mense en arm mense.

4Ek sal woorde van wysheid praat, ek sal verstandige dinge sê.

5Ek wil luister na 'n spreuk en terwyl ek op die lier speel, wil ek sê wat dit beteken.

6Ek sal nie bang word wanneer dit sleg gaan nie, wanneer ek die sondes rondom my sien van mense wat my bedrieg nie.

7Hulle dink hulle geld en rykdom sal hulle help, hulle spog oor die baie goed wat hulle het.

8Een mens kan nie 'n ander mens loskoop van die dood nie, glad nie, hy kan nie vir God betaal om die persoon vry te maak nie.

9Om te betaal vir sy lewe, sal te veel kos. Hy sal nooit genoeg kan betaal

10sodat hy vir altyd kan lewe en nie in die graf kom nie.

11Ja, hy sal sien dat wyse mense ook sterf soos dwase en dom mense, hy sal sien hulle sterf en hulle los hulle geld en rykdom vir ander mense.

12Hulle bly altyd in die graf, elke nuwe geslag sien dat hulle daar is, hierdie mense wat voorheen elkeen sy eie grond gehad het.

13'n Mens lewe nie vir altyd nie, ook nie as hy ryk is nie, hy is soos die diere wat sterf.

14Dit is wat gebeur met mense wat dink dat hulle alles het, mense wat graag luister na wat hulle self sê. Sela

15Hulle moet ook sterf, soos skape, hulle behoort aan die dood. Hulle gaan dadelik in die graf in, dan sien niemand hulle nie, en hulle het niks.

16Maar God self sal my lewe red van die doderyk, ja, Hy sal my neem om aan Hom te behoort. Sela

17Jy moenie bekommerd wees wanneer iemand ryk word en die goed in sy huis baie word nie,

18want hy sal niks met hom saamneem wanneer hy sterf nie, sy goed sal nie saam met hom gaan nie.

19Ja, iemand kan dink dat hy gelukkig is terwyl hy lewe, en mense kan hom prys omdat dit goed gaan met hom.

20Maar hy sal na sy voorvaders toe gaan en nooit weer die lig sien nie.

21As 'n mens ryk is en nie verstandig is nie, dan is hy soos die diere wat sterf.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 49.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.