Psalms 43ABA

1U self moet my oordeel, o God, U moet my verdedig teen mense wat nie aan U behoort nie, U moet my red van mense wat lieg en onregverdig is.

2Ja, U is die God wat my moet beskerm. Hoekom het U my weggestoot? Hoekom moet ek aanhou rou omdat vyande my laat swaarkry?

3U moet u lig vir my laat skyn en U moet die waarheid oor my sê. U lig en u waarheid moet my lei en moet my terugneem na u gewyde berg, u woonplek.

4Dan sal ek na die altaar van God gaan, die God wat my bly maak. Ek sal U prys met die lier, o God, my God.

5Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie, ek moet glo dat God my sal help, ja, ek sal weer 'n lied sing om Hom te prys. Hy is naby, Hy sal my red, Hy is my God.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 43.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.