Psalms 44ABA

1Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. 'n Lied.

2O God, ons het dit self gehoor, ons voorvaders het dit vir ons vertel. U het iets gedoen toe hulle gelewe het, lank gelede.

3U het self volke weggejaag en vir u volk 'n woonplek gegee. U het die ander volke laat swaarkry en U het dit goed laat gaan met u volk.

4Ja, hulle het die land gevat, maar nie omdat hulle goed oorlog kon maak nie, hulle het gewen, maar nie omdat hulle self sterk was nie. Nee, dit was Ú wat sterk was en wat by hulle was, omdat U lief was vir hulle.

5O God, dit is U wat my Koning is. Wanneer U dit sê, dan sal Jakob wen.

6As U by ons is, dan sal ons die mense oorwin wat teen ons is. As U ons stuur, dan sal ons die mense plat trap wat oorlog wil maak teen ons.

7Ja, ek weet, my pyl en boog of my swaard wen nie 'n oorlog vir my nie.

8Want U het ons gered van ons vyande, U het die mense wat vir ons haat, laat verloor.

9Ons het aangehou praat oor wat God gedoen het en ons sal u Naam altyd prys. Sela

10En toe stoot U ons weg en U verneder ons, U gaan nie saam wanneer ons oorlog gaan maak nie.

11U laat ons omdraai en wegvlug van die vyande, en die mense wat vir ons haat, vat ons goed.

12U laat ons sterf soos slagskape, U jaag ons na al die kante toe, na ander lande.

13U verkoop u volk vir niks, U wou nie baie geld vir hulle hê nie.

14U laat ons bure vir ons verneder, U laat die mense rondom ons vir ons lag en spot.

15U laat die ander volke ons name gebruik wanneer hulle slegte dinge oor mense wil sê, ja, hulle skud hulle koppe oor ons.

16Ek weet nie waar ek moet wegkruip nie, ek hou nie op om skaam te wees nie

17wanneer ek hoor hoe praat die mense wat spot en slegte dinge oor my sê, en wanneer ek die vyande en die mense sien wat my wil laat swaarkry.

18Dit alles het met ons gebeur. Maar ons het U nie vergeet nie en ons was nie vals teen u verbond nie.

19Ons was nie ongehoorsaam nie, ons het gelewe soos U gesê het.

20Maar U het ons woonplek stukkend geslaan, en U het dit 'n plek gemaak waar jakkalse woon, U het dit baie donker rondom ons gemaak.

21Ons het nie die Naam van ons God vergeet nie, ons het nie ons hande opgelig en tot 'n ander god gebid nie.

22As ons dit gedoen het, dan sou God dit geweet het, want Hy ken die geheime van ons hart.

23Ja, omdat ons aan U behoort, daarom hou mense aan om ons dood te maak. Hulle maak of ons slagskape is.

24Here, U moet iets doen, hoekom slaap U? U moet wakker word, U moenie vir ons weggooi vir altyd nie.

25Hoekom kyk U weg? Hoekom maak U of U nie weet dat ons swaarkry en dat mense ons verdruk nie?

26Ja, ons lê op die grond, ons kan nie opstaan nie.

27U moet kom en U moet ons help, U moet u verbond met ons onthou, U moet ons red.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 44.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.