Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 150

:
Afrikaans - ABA
1 Julle moet die Here prys! Julle moet God prys in sy tempel, julle moet Hom prys onder sy sterk hemeldak.
2 Julle moet Hom prys omdat Hy groot dinge gedoen het, julle moet Hom prys, want Hy is baie groot.
3 Julle moet die ramshorings blaas, julle moet die Here prys. Julle moet op die harpe en die liere speel, julle moet die Here prys.
4 Julle moet op die tamboeryne slaan en julle moet dans, julle moet die Here prys. Julle moet snaarmusiek maak en julle moet die fluite blaas, julle moet die Here prys.
5 Julle moet die simbale teen mekaar slaan, almal moet dit hoor, dit moet raas.
6 Alles wat lewe, moet die Here prys. Julle moet die Here prys!