Psalms 149ABA

1Julle moet die Here prys! Julle moet vir die Here 'n nuwe lied sing, julle moet Hom prys waar die mense bymekaar is wat in Hom glo.

2Die mense van Israel moet wys dat hulle bly is omdat die Here hulle gemaak het. Die mense van Sion moet juig omdat die Here hulle Koning is.

3Hulle moet dans en sy Naam prys, hulle moet vir Hom musiek maak met die tamboeryn en die lier.

4Want die Here is lief vir sy volk, Hy laat die mense wen wat hulleself nie kan help nie, Hy sit 'n kransie op hulle kop.

5Die mense wat in die Here glo, moet juig omdat hulle gewen het, hulle moet sing, ook wanneer hulle op hulle beddens lê.

6Hulle moet aanhou om God te prys, maar hulle moet skerp swaarde in hulle hande hê

7sodat hulle die volke kan straf, sodat hulle met die volke kan doen wat die volke met húlle gedoen het.

8Hulle moet die konings vasmaak met kettings, hulle moet die belangrike mense van die volke vasmaak met yster-boeie.

9Hulle moet met die konings doen wat die Regter besluit het en geskryf het. Die volke sal die mense respekteer wat in die Here glo. Julle moet die Here prys!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 149.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.