Psalms 141ABA

1'n Psalm. Van Dawid. Here, ek roep en ek vra dat U gou moet kom. U moet luister, ek roep en ek vra dat U my moet help.

2Ek bid tot U, my gebed moet vir U wees soos 'n wierook-offer wat ek bring. Ek steek my hande uit na U, dit moet vir U wees soos 'n aand-offer.

3Here, U moet 'n wag voor my mond sit, U moet keer dat ek niks verkeerd sê nie.

4U moet keer dat ek nie slegte dinge wil doen nie, dat ek nie dinge wil doen wat verkeerd is saam met die mense wat slegte dinge doen nie, dat ek nie die dinge wat vir hulle lekker is, saam met hulle geniet nie.

5'n Mens wat reg lewe en wat my vriend is, mag my slaan en mag met my raas. Dit sal vir my wees soos iemand wat olyf-olie op my kop gooi. Maar ek sal aanhou om te bid dat die Here mense sal straf wat slegte dinge doen.

6Wanneer die Here die leiers van die slegte mense van 'n rots laat afval, dan sal ek sê dit is goed.

7Die leiers sal moet sê: “Ons bene lê oral by die bek van die doderyk, dit lyk soos wanneer iemand geploeg het en die grond stukkend gebreek het.”

8Here, ek weet dat U my altyd sal help. Ek vra dat U my moet beskerm, U moenie dat ek sterf nie.

9Mense wat slegte dinge doen, wil my in vangnette en vangstrikke vang. U moet keer dat ek nie daarin val nie.

10U moet hierdie mense wat verkeerd doen, in hulle eie vangnette laat val, maar die nette moenie vir my vang nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 141.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.