Psalms 140
1 Vir die leier van die koor: Van Dawid. 'n Psalm.
2 Here, U moet my red van slegte mense, U moet my beskerm teen wrede mense.
3 Hulle maak planne om slegte dinge te doen, hulle wil hê dat mense oorlog moet maak. Sela
4 Hulle tonge is so skerp soos slange se tonge, en hulle is so giftig soos slange.
5 Here, U moet my beskerm teen mense wat verkeerd doen, teen wrede mense wat planne maak om my dood te maak.
6 Hoogmoedige mense wil my vang, hulle het 'n vangnet van toue gemaak en hulle het dit styfgetrek oor my pad, hulle wou vir my in vangstrikke vang.
7 Ek sê vir die Here: U is my God. Here, U moet luister hoe ek soebat.
8 Here, my Here, U is sterk en U sal my red. U het my beskerm toe daar oorlog was.
9 U moenie vir die mense wat verkeerd doen, gee wat hulle wil hê nie, U moet keer, hulle planne moenie slaag nie, Sela sodat hulle nie kan dink hulle is belangrik nie.
10 Die mense wat my van al die kante aanval, is hoogmoedig. Hulle sê baie dinge teen my, U moet al daardie dinge met hulleself laat gebeur.
11 U moet warm kole vuur op hulle laat val, U moet húlle in diep gate laat val, hulle moenie daaruit kan kom nie.
12 Mense wat sleg praat van ander mense moenie in die land bly nie, U moet die wrede mense wegjaag. Dit moet altyd sleg gaan met hulle.
13 Ek weet dat die Here die mens sal help wat homself nie kan help nie wanneer mense hom beskuldig. Die Here sal reg doen aan mense wat niks het nie.
14 Dit is seker: Die mense wat reg doen, sal vir U dankie sê. Eerlike mense sal by U woon.