Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 142

:
Afrikaans - ABA
1 'n Lied. Van Dawid, toe hy in die grot was. 'n Gebed.
2 Ek roep en ek vra dat die Here my moet help, ek bid dat die Here genadig moet wees vir my.
3 Ek wil by die Here kla, ek wil vir Hom vertel hoe sleg dit met my gaan.
4 Wanneer ek moedeloos word, dan is dit U wat weet wat met my gebeur. My vyande het vir my 'n vangnet styfgetrek op die pad waar ek loop.
5 Wanneer ek langs my kyk, dan is daar niemand wat van my weet nie. Daar is nie 'n plek waarnatoe ek kan vlug nie, niemand is bekommerd oor my nie.
6 Here, ek bid tot U, help my asseblief, dit is U wat my moet beskerm, ek het net vir U in hierdie lewe.
7 U moet luister wanneer ek bid, want dit gaan baie sleg met my. U moet my red van die mense wat my jaag, want hulle is te sterk vir my.
8 U moet my uithaal uit die tronk, dan sal ek vir U dankie sê, en die mense wat reg lewe, sal rondom my kom staan omdat U goed was vir my.