Psalms 127ABA

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Salomo. As die Here nie 'n huis bou nie, dan help dit nie dat die bouers hard werk om die huis te bou nie. As die Here nie 'n stad beskerm nie, dan help dit nie dat die wagte wakker bly nie.

2Dit help nie dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap nie, dit help nie dat julle hard werk om te kan lewe nie, want die Here sorg vir die mense vir wie Hy lief is, Hy gee vir hulle alles wat hulle nodig het, ook terwyl hulle slaap.

3Julle moet onthou dit is die Here wat vir 'n mens seuns gee, kinders is presente van die Here.

4Seuns wat gebore is toe hulle pa nog jonk was, is soos pyle wat iemand vashou, iemand wat oorlog moet maak.

5Dit gaan goed met 'n man vir wie die Here baie seuns gegee het, hy is nie bang dat hy sal verloor wanneer hy met die vyande in die poort praat nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 127.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.