Psalms 126ABA

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Dit was vir ons soos 'n droom toe die Here dit beter laat gaan het met Sion.

2Toe het ons gelag en gesing, toe het ander mense gesê: “Die Here het groot dinge gedoen vir hierdie mense.”

3Die Here hét groot dinge gedoen vir ons, en ons was bly.

4Here, U moet dit weer beter laat gaan met ons. Dit moet wees soos wanneer daar weer water vloei in die droë slote in die Suid-land.

5Mense wat huil wanneer hulle koring saai, sal sing wanneer hulle die koring afsny.

6Iemand wat loop en huil terwyl hy die saadsak dra, sal loop en sing wanneer hy die gerwe dra wat hy afgesny het.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 126.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.