Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 126

:
Afrikaans - ABA
1 'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Dit was vir ons soos 'n droom toe die Here dit beter laat gaan het met Sion.
2 Toe het ons gelag en gesing, toe het ander mense gesê: “Die Here het groot dinge gedoen vir hierdie mense.”
3 Die Here hét groot dinge gedoen vir ons, en ons was bly.
4 Here, U moet dit weer beter laat gaan met ons. Dit moet wees soos wanneer daar weer water vloei in die droë slote in die Suid-land.
5 Mense wat huil wanneer hulle koring saai, sal sing wanneer hulle die koring afsny.
6 Iemand wat loop en huil terwyl hy die saadsak dra, sal loop en sing wanneer hy die gerwe dra wat hy afgesny het.