Psalms 125ABA

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Die mense wat glo dat die Here hulle sal help, is soos die Sionsberg wat nie val nie en wat altyd daar is.

2Daar is berge rondom Jerusalem, en so beskerm die Here ook sy volk, nou en vir altyd.

3'n Koning wat self verkeerd doen, sal nie aanhou om te regeer oor die land wat behoort aan mense wat reg doen nie. As dit gebeur, dan sal die mense wat reg doen, ook verkeerd begin doen.

4Here, U moet goed doen aan goeie mense, aan die mense wat eerlik is.

5Maar die Here sal die mense straf wat opgehou het om te lewe soos die Here wil hê. Hy sal hulle straf saam met die mense wat slegte dinge doen. Ons bid dat Israel vrede sal hê.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 125.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.