Psalms 128ABA

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Dit gaan goed met almal wat die Here dien, almal wat lewe soos Hy wil hê.

2As jy dit doen en as jy hard werk, dan sal jy genoeg hê om van te lewe. Dit sal goed gaan met jou, en jy sal ryk word.

3Jou vrou in jou huis sal wees soos 'n wingerdstok wat baie druiwe dra. Jou kinders by jou tafel sal wees soos jong olyfboompies.

4Jy moet onthou, dit is hoe die Here die persoon sal seën wat Hom dien.

5Ek bid dat die Here in Sion jou sal seën. Ek bid dat jy sal sien dat dit goed gaan met Jerusalem, so lank soos jy lewe,

6en dat jy jou kinders se kinders sal sien. Ek bid dat Jerusalem vrede sal hê.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 128.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.