Psalms 12ABA

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm van Dawid.

2Here, U moet help, want daar is niemand wat in U glo nie, daar het niemand oorgebly wat doen wat hy belowe het nie.

3Mense is vals met mekaar, hulle vertel mooi stories, maar dit is nie waar nie, hulle sê mooi dinge, maar hulle is vals.

4Here, U moet die mense stilmaak wat daardie stories vertel, die mense wat spog.

5Hulle dink hulle sal wen met die dinge wat hulle sê, hulle dink niemand sal hulle keer nie.

6Die Here sê: Ek sien die slegte dinge wat mense doen met die mense wat hulleself nie kan beskerm nie, ek hoor hoe kla en sug die mense wat niks het nie. Hulle het gevra dat Ek hulle moet help, en Ek sal nou kom.

7Wanneer die Here praat, dan kan jy Hom glo. Sy woorde is nie vals nie, dit is so skoon en suiwer soos silwer wat sewe maal gesmelt is in 'n vuur-oond.

8Dit is U, Here, wat by ons wagstaan. U sal ons altyd beskerm teen hierdie mense.

9Rondom ons loop die mense wat verkeerd doen, en almal sê die dinge wat sleg is, is goed.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.