Psalms 13ABA

1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid.

2Here, hoe lank sal U my nog vergeet, hoe lank sal U nog aanhou om u gesig weg te draai van my?

3Hoe lank moet ek nog self planne probeer maak, hoe lank moet ek elke dag huil en treur, hoe lank sal my vyande nog dink dat hulle sterker is as ek?

4Here my God, U moet luister en my antwoord, U moet vir my nuwe lewe gee, sodat ek nie sterf nie,

5sodat my vyande nie kan sê dat hulle gewen het teen my nie, sodat hulle nie sal juig omdat ek geval het nie.

6En ek? Ek glo dat U sal doen wat U belowe het. Ek sal juig, want U sal my red, ek sal vir die Here sing omdat Hy goed gedoen het aan my.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 13.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.