Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 11

:
Afrikaans - ABA
1 Vir die leier van die koor: Van Dawid. Ek weet, die Here sal my beskerm. Hoekom julle ek moet na die berge vlug soos 'n voël?
2 Julle sê: “Jy moet vlug, want kyk, die mense wat verkeerd doen, trek hulle boog se snare styf, hulle sit hulle pyle op die snare van die boog, hulle staan in die donker en hulle wil die eerlike mense skiet.”
3 Julle vra: “Wat kan 'n mens doen wat reg wil lewe? Daar is niks meer wat vas staan nie.”
4 Maar ek sê: Die Here is in sy gewyde tempel, Hy is in die hemel waar sy troon staan, en Hy sien die mense, Hy kyk wat hulle doen.
5 Hy kyk wat die mense doen, die mense wat reg lewe én die mense wat verkeerd doen, en Hy haat mense wat wreed is teen ander mense.
6 Hy laat vuur en swael uit die lug val soos reën, dit val op die mense wat verkeerd doen, die warm woestynwind sal hulle brand, hulle sal die beker van swaarkry moet drink.
7 Die Here sal doen wat reg is, Hy wil mense moet reg doen. Eerlike mense mag naby Hom wees.