Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 113

:
Afrikaans - ABA
1 Julle moet die Here prys! Dienaars van die Here, julle moet Hom prys, julle moet die Naam van die Here prys.
2 Almal moet die Naam van die Here prys, nou en altyd.
3 Almal moet die Naam van die Here prys, van waar die son opkom tot waar hy ondergaan.
4 Die Here is hoog bo die volke, Hy is Koning van die hemel.
5 Wie is soos ons God die Here? Hy sit hoog op sy troon,
6 en Hy buig af om die hemel en die aarde te sien.
7 Die Here tel die mens op uit die stof, die mens wat niks het nie. Hy laat die arm mens opstaan van die ashoop,
8 en Hy laat hom sit by die belangrike mense, by die belangrike mense van sy volk.
9 Wanneer 'n vrou nie kinders het nie, dan laat die Here haar 'n gelukkige ma word, en sy het haar eie huisgesin. Julle moet die Here prys.