Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 114

:
Afrikaans - ABA
1 Toe die volk Israel uit Egipte weggetrek het, toe die nageslag van Jakob weggegaan het van die volk wat die vreemde taal praat,
2 toe het Juda die plek geword waar die tempel staan, en Israel het die land geword waaroor die Here regeer.
3 Die see het dit gesien en hy het gevlug, die Jordaan-rivier het weggedraai.
4 Die berge het gespring soos skaap-ramme, die heuwels het gespring soos lammers.
5 See, hoekom vlug jy? Jordaan-rivier, hoekom draai jy weg?
6 Berge, hoekom spring julle soos skaap-ramme? Heuwels, hoekom spring julle soos lammers?
7 Die aarde moet bewe wanneer die Here kom, wanneer die God van Jakob kom.
8 Dit is wat rotse verander het, dit het watergate geword, Hy het harde klippe verander, dit het water-fonteine geword.