Psalms 112ABA

1Julle moet die Here prys. Dit gaan goed met iemand wat die Here dien en wat baie lief is om te doen wat die Here sê.

2Sy nageslag sal belangrike mense wees in die land. Dit sal goed gaan met die nageslag van eerlike mense.

3Hulle sal ryk word, hulle sal baie goed hê, en hulle sal altyd reg doen aan ander mense.

4Hulle is soos ligte wat in die donker skyn vir mense wat eerlik lewe, hulle is genadig en goed vir mense wat swaarkry, en hulle doen reg aan ander mense.

5Dit gaan goed met iemand wat genadig is en vir mense geld leen, met iemand wat eerlik is wanneer hy goed koop en verkoop,

6want mense wat reg doen, misluk nooit, en ander mense onthou hulle vir altyd.

7Hulle is nie bang om slegte nuus te kry nie, hulle vertrou dat die Here hulle sal help.

8Hulle is nie bekommerd nie, nie bang nie, hulle weet hulle sal hulle vyande oorwin.

9Hulle gee baie vir arm mense, hulle doen altyd reg, en mense respekteer hulle.

10Wanneer mense wat verkeerd doen, dit sien, dan word hulle kwaad en byt hard op hulle tande. Mense wat verkeerd doen, kry niks van al die goed wat hulle graag wil hê nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 112.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.