Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 112

:
Afrikaans - ABA
1 Julle moet die Here prys. Dit gaan goed met iemand wat die Here dien en wat baie lief is om te doen wat die Here sê.
2 Sy nageslag sal belangrike mense wees in die land. Dit sal goed gaan met die nageslag van eerlike mense.
3 Hulle sal ryk word, hulle sal baie goed hê, en hulle sal altyd reg doen aan ander mense.
4 Hulle is soos ligte wat in die donker skyn vir mense wat eerlik lewe, hulle is genadig en goed vir mense wat swaarkry, en hulle doen reg aan ander mense.
5 Dit gaan goed met iemand wat genadig is en vir mense geld leen, met iemand wat eerlik is wanneer hy goed koop en verkoop,
6 want mense wat reg doen, misluk nooit, en ander mense onthou hulle vir altyd.
7 Hulle is nie bang om slegte nuus te kry nie, hulle vertrou dat die Here hulle sal help.
8 Hulle is nie bekommerd nie, nie bang nie, hulle weet hulle sal hulle vyande oorwin.
9 Hulle gee baie vir arm mense, hulle doen altyd reg, en mense respekteer hulle.
10 Wanneer mense wat verkeerd doen, dit sien, dan word hulle kwaad en byt hard op hulle tande. Mense wat verkeerd doen, kry niks van al die goed wat hulle graag wil nie.