Proverbs 7ABA

1My seun, jy moet onthou wat ek vir jou sê, jy moet goed onthou wat ek sê jy moet doen.

2Jy moet dit doen sodat jy kan aanhou lewe. Die dinge wat ek vir jou leer, moet vir jou baie belangrik wees.

3Jy moenie dit vergeet nie, jy moet dit altyd onthou.

4Wysheid moet vir jou wees soos jou suster, verstand moet wees soos jou goeie vriend.

5Dan sal dit jou beskerm teen die slegte vrou, die vrou wat nie jou vrou is nie en wat skelm dinge sê.

6Want ek het uitgekyk by my huis se venster,

7en toe sien ek 'n jongman wat baie onverstandig is, hy was tussen ander jongmense wat baie min weet.

8Hy het in die straat verbygeloop naby die hoek van die vrou se huis en hy het na haar huis gegaan.

9Dit was al laat, dit het donker geword, dit was nag.

10Daar het 'n vrou na die jongman toe gekom. Haar klere was soos 'n prostituut se klere en sy was slim en skelm.

11Sy het hard gepraat en sy was nie skaam nie, sy wou nie in haar huis bly nie.

12Sy het heen en weer geloop in die straat en op die oop plekke, sy het op elke straathoek gestaan en wag.

13Toe die jongman by haar verbyloop, gryp sy hom en sy soen hom. Sy het reguit in sy oë gekyk en sy het vir hom gesê:

14“Ek het baie vleis by die huis, want ek het vandag die offers gebring wat ek belowe het.

15Daarom het ek uitgekom na jou toe, ek het jou gesoek en ek het jou gekry.

16Ek het lakens oor my bed gegooi, lakens van bont Egiptiese linne.

17Ek het mirre, aalwyn en kaneel op my lakens gegooi.

18Kom ons drink die hele nag van die liefde, kom ons geniet die liefde.

19Ons kan dit doen, want my man is nie by die huis nie, hy het ver weg gaan reis.

20Hy het 'n beursie vol geld saamgeneem en hy sal later terugkom, wanneer dit volmaan is.”

21So het sy die jongman verlei met haar slim woorde. Hy het geluister na haar mooi woorde en hy het gedoen wat sy sê.

22Die jongman het saam met haar geloop, hy was soos 'n bees wat na die slagplek gaan, soos 'n bok wat in 'n vangstrik getrap het.

23En toe het 'n pyl deur sy lyf gegaan. Hy het gesterf voordat hy dit besef, hy was soos 'n voël wat reguit in 'n vangnet vlieg.

24Daarom, my seun, jy moet luister na my, jy moet doen wat ek vir jou sê.

25Jy moenie saam met so 'n vrou gaan nie, jy moenie doen wat sy wil hê nie,

26want sy het baie mans laat sterf, sy het baie mans doodgemaak.

27In haar huis is jy op pad na die doderyk, daar gaan jy af na die plek van die mense wat dood is.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Proverbs 7.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.