Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Proverbs 7

:
Afrikaans - ABA
1 My seun, jy moet onthou wat ek vir jou sê, jy moet goed onthou wat ek jy moet doen.
2 Jy moet dit doen sodat jy kan aanhou lewe. Die dinge wat ek vir jou leer, moet vir jou baie belangrik wees.
3 Jy moenie dit vergeet nie, jy moet dit altyd onthou.
4 Wysheid moet vir jou wees soos jou suster, verstand moet wees soos jou goeie vriend.
5 Dan sal dit jou beskerm teen die slegte vrou, die vrou wat nie jou vrou is nie en wat skelm dinge sê.
6 Want ek het uitgekyk by my huis se venster,
7 en toe sien ek 'n jongman wat baie onverstandig is, hy was tussen ander jongmense wat baie min weet.
8 Hy het in die straat verbygeloop naby die hoek van die vrou se huis en hy het na haar huis gegaan.
9 Dit was al laat, dit het donker geword, dit was nag.
10 Daar het 'n vrou na die jongman toe gekom. Haar klere was soos 'n prostituut se klere en sy was slim en skelm.
11 Sy het hard gepraat en sy was nie skaam nie, sy wou nie in haar huis bly nie.
12 Sy het heen en weer geloop in die straat en op die oop plekke, sy het op elke straathoek gestaan en wag.
13 Toe die jongman by haar verbyloop, gryp sy hom en sy soen hom. Sy het reguit in sy gekyk en sy het vir hom gesê:
14 “Ek het baie vleis by die huis, want ek het vandag die offers gebring wat ek belowe het.
15 Daarom het ek uitgekom na jou toe, ek het jou gesoek en ek het jou gekry.
16 Ek het lakens oor my bed gegooi, lakens van bont Egiptiese linne.
17 Ek het mirre, aalwyn en kaneel op my lakens gegooi.
18 Kom ons drink die hele nag van die liefde, kom ons geniet die liefde.
19 Ons kan dit doen, want my man is nie by die huis nie, hy het ver weg gaan reis.
20 Hy het 'n beursie vol geld saamgeneem en hy sal later terugkom, wanneer dit volmaan is.”
21 So het sy die jongman verlei met haar slim woorde. Hy het geluister na haar mooi woorde en hy het gedoen wat sy sê.
22 Die jongman het saam met haar geloop, hy was soos 'n bees wat na die slagplek gaan, soos 'n bok wat in 'n vangstrik getrap het.
23 En toe het 'n pyl deur sy lyf gegaan. Hy het gesterf voordat hy dit besef, hy was soos 'n voël wat reguit in 'n vangnet vlieg.
24 Daarom, my seun, jy moet luister na my, jy moet doen wat ek vir jou sê.
25 Jy moenie saam met so 'n vrou gaan nie, jy moenie doen wat sy wil nie,
26 want sy het baie mans laat sterf, sy het baie mans doodgemaak.
27 In haar huis is jy op pad na die doderyk, daar gaan jy af na die plek van die mense wat dood is.