Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Nahum 2

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here sê: Nineve, die vyande sal kom en hulle sal julle mense wegjaag na al die kante toe. Julle moet die stad se mure oppas en die pad dophou. Julle moet gereedmaak om oorlog te maak, julle moet al julle soldate bymekaarmaak.
2 Julle het die Israeliete se goed weggevat en julle het hulle wingerdstokke verwoes, maar Ek sal die Israeliete weer so sterk maak soos hulle was.”
3 Julle vyande se skilde is rooi geverf, en hulle klere is rooi. Hulle oorlogkarre blink soos vuur. Hulle wil julle aanval. Die soldate swaai hulle spiese.
4 Die oorlogkarre jaag op die paaie, hulle ry vinnig oor die veld. Hulle blink soos vuurvlamme, hulle is so vinnig soos weerlig.
5 Die koning van Nineve roep sy beste soldate om teen die vyande te veg. Maar wanneer hulle kom, dan val party van hulle. Hulle hardloop na die muur van die stad, maar die vyande is al buite by die muur onder 'n skild-dak.
6 Dan maak die vyande die hekke oop en hulle gaan in, en die mense in die paleis hou op om te veg. Die hekke was in die rivier wat deur die stad gevloei het.
7 Dit is seker: Die vyande vat al die mense van Nineve weg. Die slavinne kla soos duiwe wat koer, hulle huil en slaan op hulle bors.
8 Die mense van Nineve vlug uit die stad soos water wat uit 'n dam vloei. Die soldate skree: “Wag! Staan stil!” Maar niemand kyk om nie.
9 Die vyande skree: “Vat die silwer, vat die goud!” Daar is baie mooi en duur goed.
10 Die vyande het alles in die stad gevat. Hulle het die stad verwoes. Die mense van Nineve het bang geword. Hulle knieë het swak geword. Hulle het seergekry. Almal se gesigte het bleek geword.
11 [11-12] Nineve was soos 'n plek waar leeus bly. 'n Leeu-mannetjie en 'n leeu-wyfie en hulle kleintjie is vir niks bang nie. Hulle vang diere wanneer hulle wil. Die leeu-mannetjie vang 'n dier en verwurg dit en hy bring kos vir sy wyfies en sy kleintjies. Nineve se mense was ook vir niks bang nie. Hulle het ander mense gevang soos leeus diere vang, en hulle het die mense se goed gevat.
12 ***
13 Die Here wat oor alles regeer, sê: “Nineve, Ek is nou teen jou. Ek sal jou oorlogkarre verbrand en Ek sal jou soldate doodmaak. Jy sal nie weer ander mense se goed vat nie. Jy sal nie weer boodskappers stuur na ander plekke nie.”