Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Nahum 1

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here het vir Nahum gewys wat Hy met die stad Nineve wil doen. Nahum het van die stad Elkos gekom. Die Here het gesê Hy sal Nineve straf.
2 Die Here is 'n God wat baie kwaad word en wat sy vyande straf. Hy straf die mense wat teen Hom is, Hy bly kwaad vir sy vyande.
3 Die Here is geduldig en baie sterk, maar as iemand skuldig is, dan sal die Here hom straf. Wanneer die Here kom, dan is daar 'n sterk wind en 'n storm. Die wolke is soos stof onder sy voete.
4 Wanneer Hy met die see raas, dan word die see droog. Hy laat al die riviere droog word. Die plante in Basan en op Karmel-berg word droog. Al die blomme op die Libanon-berg verlep en gaan dood.
5 Die berge skud voor die Here, die heuwels smelt, die wêreld en almal wat op die wêreld woon, skrik wanneer die Here kom.
6 Wie kan voor God staan wanneer Hy kwaad is? Niemand nie. Wanneer God kwaad is, dan is dit soos 'n vuur wat brand. Die rotse breek stukkend voor Hom.
7 Die Here is goed. Hy help mense wanneer dit sleg gaan met hulle en Hy is bekommerd oor almal wat vra dat Hy hulle moet beskerm.
8 Maar die Here sal die mense van Nineve straf. Dit sal lyk soos wanneer 'n sterk stroom water hulle wegspoel. Hy sal sy vyande jaag tot in donker plekke.
9 Die Here sal die planne stop wat julle teen Hom maak. Sy vyande sal nie weer kom nie.
10 Hulle is soos dorings wat inmekaar steek, hulle is dronk van die wyn wat hulle drink, maar hulle sal brand soos kaf.
11 Daar het iemand uit Nineve gekom wat slegte planne teen die Here gemaak het. Hy wou dit moet sleg gaan met die Israeliete.
12 Die Here sê: “Daar is nou baie soldate in Nineve, en hulle is sterk. Maar hulle sal almal in oorlog sterf. My volk, Ek het julle laat swaarkry, maar Ek sal julle nie weer laat swaarkry nie.
13 Ek sal julle nou vrymaak. Nineve sal nie meer regeer oor julle nie.”
14 Nineve, die Here het gesê die vyande moet jou verwoes, niemand sal jou naam weer noem nie. Die Here sê: “Ek sal die beelde stukkend breek wat in jou afgod se tempel is. Ek grawe vir jou 'n graf, want jy beteken niks.
15 Kyk, daar oor die berge kom iemand wat 'n boodskap bring. Hy bring goeie nuus, hy daar sal vrede wees. Hy sê: ‘Mense van Juda, julle moet julle feeste vier. Julle moet vir die Here gee wat julle belowe het. Die slegte mense wat julle verdruk het, sal nie weer in julle land kom nie. Hulle is dood.’