Bible

Simplify

Your Church Tech & Streamline Your Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 7

:
Afrikaans - ABA
1 Dit gaan sleg met my! Dit is soos wanneer die mense die koring klaar afgesny het en die laaste druiwe gepluk het. Dan is daar nie meer druiwe of vye om te eet nie.
2 Daar is niemand in die land wat lewe soos die Here dit wil nie. Almal wil mense vermoor, hulle wil mekaar doodmaak.
3 Hulle weet baie goed hoe om verkeerd te doen. Die amptenare en die regters vra geld wanneer hulle iets moet doen. Die belangrike mense wat hulle wil en hulle kry dit. Waar hulle is, is alles sleg.
4 Die beste amptenare en regters is soos 'n bos vol dorings. Dit lyk of hulle reg lewe, maar hulle is sleg. Die dag sal nou kom, die dag wanneer die Here hulle sal straf. Hulle sal nie meer weet wat om te doen nie.
5 Jy kan nie meer glo wat jou vriend vir jou nie. Jy moet oppas wat jy vir jou vrou sê.
6 Seuns respekteer nie meer hulle pa’s nie, dogters is parmantig met hulle ma’s, en skoondogters met hulle skoonma’s. 'n Man se eie familie is sy vyande.
7 Maar ek sal wag totdat die Here kom, ek sal wag totdat my God my kom red. My God sal luister na my gebed.
8 Die mense van Jerusalem vir hulle vyande: “Julle moenie bly wees omdat dit so sleg gaan met ons nie. Ons het geval, maar ons sal weer opstaan. Ons sit in die donker, maar die Here is ons lig.
9 Ons het sonde gedoen teen die Here, en daarom sal ons tevrede wees wanneer Hy ons straf. Maar Hy sal ons weer help. Hy sal dit goed laat gaan met ons. Hy sal die donker wegvat en Hy sal ons na die lig bring. Hy sal ons red.”
10 Die mense van Jerusalem sê: “Ons vyande sal dit sien, en hulle sal nie weet wat om te doen nie. Hulle het vir ons gesê: ‘Waar is julle God die Here? Hy help julle nie.’ Nou sal ons sien wat met hulle gebeur: Hulle vyande sal op hulle trap soos hulle op die modder in die strate trap.”
11 Jerusalem, die dag is naby wanneer hulle weer jou mure sal bou. Hulle sal dan nog meer huise in jou bou.
12 Daardie dag sal jou mense na jou toe terugkom uit Assirië en uit Egipte, van die Eufraat-rivier en van oral in die wêreld.
13 Maar in die ander lande sal daar nie mense woon nie, want hulle mense het baie sonde gedoen.
14 Die Here sê: “Jy moet jou volk oppas. Jy moet die skape en bokke wat aan jou behoort, laat wei. Hulle is nou alleen in die bos op Karmel-berg. Hulle moet weer in die lande Basan en Gilead wei, soos lank gelede.”
15 Die Here sê: “Ek sal die volk help. Hulle sal weer wonderwerke sien, soos lank gelede toe julle uit Egipte gekom het.”
16 Die volke sal dit sien en hulle sal nie weet wat om te doen nie. Hulle sal niks kan doen nie, hulle sal hulle monde en hulle ore toedruk met hulle hande.
17 Hulle sal stof lek soos slange wat op die grond seil. Hulle sal bewe en uit hulle wegkruip-plekke kom na ons God die Here toe. Hulle sal skrik, hulle sal bang wees vir Hom.
18 Daar is nie nog 'n God soos U nie, Here. U vergewe ons sonde. Ons is die mense van u volk, die mense wat nog lewe. U bly nie altyd kwaad nie, U wil graag lief wees vir ons.
19 U sal weer goed wees vir ons, U sal ons sonde stukkend trap en dit in die see gooi.
20 U sal die Israeliete nie los nie. U sal altyd lief wees vir die nageslag van Abraham. U het dit belowe aan ons voorvaders, lank gelede.