Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 6

:
Afrikaans - ABA
1 Luister wat die Here. Julle moet praat met die berge en die heuwels.
2 Berge, julle is die fondamente van die aarde, julle moet luister na wat die Here sê, want die Here sy volk het verkeerd gedoen. Hy vra:
3 “My volk, wat het Ek aan julle gedoen wat verkeerd is? Hoe het Ek julle moeg gemaak? Antwoord My!
4 Ek het julle uit Egipte gebring, Ek het julle vrygemaak uit die plek waar julle slawe was. Ek het gesê Moses en Aäron en Mirjam moet julle lei.
5 “My volk, julle moet onthou wat koning Balak van Moab met julle wou doen en wat Bileam seun van Beor vir hom gesê het. Julle moet alles onthou wat gebeur het tussen die stede Sittim en Gilgal sodat julle kan weet wat die Here gedoen het om julle te red.”
6 Julle vra: “Wat moet ek saamneem as ek na die Here se tempel gaan? Waarmee sal ek die Here dien? Die Here is groot. Moet ek brand-offers vir Hom bring? Moet ek vir Hom kalwers offer?
7 Sal die Here hou van 1 000 skaap-ramme, en van 10 000 riviere vol olyf-olie? Moet ek my oudste seun offer omdat ek sonde gedoen het?”
8 Die Here het vir julle gesê wat reg is. Hy wil net julle moet doen wat reg is. Julle moet Hom altyd dien. Julle moet gehoorsaam wees aan julle God.
9 Die Here roep die mense van Jerusalem. Elke mens wat weet wat reg is, moet bang wees vir sy God. Die Here sê: “Luister, koning en almal wat in die stad bymekaar is,
10 julle is 'n klomp slegte mense. Ek hou nie daarvan dat julle skelm is wanneer julle iets meet en weeg nie.
11 Ek sien wanneer julle iets weeg met 'n weegskaal wat nie reg weeg nie.
12 Die ryk mense doen slegte dinge aan die arm mense, en almal in die stad lieg en bedrieg.
13 “Daarom het Ek klaar begin om julle te straf omdat julle sonde gedoen het.
14 Julle sal eet, maar julle sal nie vol word nie, julle sal honger bly. Julle sal julle goed bêre, maar Ek sal dit gee vir die mense wat teen julle oorlog maak.
15 Julle sal koring saai, maar julle sal nie koring afsny nie. Julle sal olie druk uit die olywe, maar julle sal nie olie kry om aan julleself te smeer nie. Julle sal sap uit die druiwe druk, maar julle sal nie wyn kry om te drink nie.
16 Julle het gelewe soos die slegte konings Omri en Agab. Daarom sal Ek vyande laat kom, en hulle sal julle stad verwoes. Hulle sal baie slegte dinge doen aan julle en hulle sal julle spot.”