Micah 6ABA

1Luister wat sê die Here. Julle moet praat met die berge en die heuwels.

2Berge, julle is die fondamente van die aarde, julle moet luister na wat die Here sê, want die Here sê sy volk het verkeerd gedoen. Hy vra:

3“My volk, wat het Ek aan julle gedoen wat verkeerd is? Hoe het Ek julle moeg gemaak? Antwoord My!

4Ek het julle uit Egipte gebring, Ek het julle vrygemaak uit die plek waar julle slawe was. Ek het gesê Moses en Aäron en Mirjam moet julle lei.

5“My volk, julle moet onthou wat koning Balak van Moab met julle wou doen en wat Bileam seun van Beor vir hom gesê het. Julle moet alles onthou wat gebeur het tussen die stede Sittim en Gilgal sodat julle kan weet wat die Here gedoen het om julle te red.”

6Julle vra: “Wat moet ek saamneem as ek na die Here se tempel gaan? Waarmee sal ek die Here dien? Die Here is groot. Moet ek brand-offers vir Hom bring? Moet ek vir Hom kalwers offer?

7Sal die Here hou van 1 000 skaap-ramme, en van 10 000 riviere vol olyf-olie? Moet ek my oudste seun offer omdat ek sonde gedoen het?”

8Die Here het vir julle gesê wat reg is. Hy wil net hê julle moet doen wat reg is. Julle moet Hom altyd dien. Julle moet gehoorsaam wees aan julle God.

9Die Here roep die mense van Jerusalem. Elke mens wat weet wat reg is, moet bang wees vir sy God. Die Here sê: “Luister, koning en almal wat in die stad bymekaar is,

10julle is 'n klomp slegte mense. Ek hou nie daarvan dat julle skelm is wanneer julle iets meet en weeg nie.

11Ek sien wanneer julle iets weeg met 'n weegskaal wat nie reg weeg nie.

12Die ryk mense doen slegte dinge aan die arm mense, en almal in die stad lieg en bedrieg.

13“Daarom het Ek klaar begin om julle te straf omdat julle sonde gedoen het.

14Julle sal eet, maar julle sal nie vol word nie, julle sal honger bly. Julle sal julle goed bêre, maar Ek sal dit gee vir die mense wat teen julle oorlog maak.

15Julle sal koring saai, maar julle sal nie koring afsny nie. Julle sal olie druk uit die olywe, maar julle sal nie olie kry om aan julleself te smeer nie. Julle sal sap uit die druiwe druk, maar julle sal nie wyn kry om te drink nie.

16Julle het gelewe soos die slegte konings Omri en Agab. Daarom sal Ek vyande laat kom, en hulle sal julle stad verwoes. Hulle sal baie slegte dinge doen aan julle en hulle sal julle spot.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Micah 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.