Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Micah 5

:
Afrikaans - ABA
1 Maar uit die klein stadjie Betlehem in Efrata sal weer iemand kom wat koning sal word van die Israeliete. Sy familie is nie 'n belangrike familie in die land Juda nie, maar sy familie woon al lank in die land.
2 Die Here sal sy mense 'n kort tyd los, so lank soos dit 'n vrou neem om 'n baba te kry. Maar dan sal die mense wat nog lewe van die familie, terugkom na die Israeliete toe.
3 Die nuwe koning sal kom en hy sal sy volk lei. Die Here sal hom help, die Here sal hom sterk maak sodat hy sy volk kan lei. Die volk sal oral op die aarde woon, want die nuwe koning sal sterk wees
4 en hy sal vrede bring. Wanneer die Assiriërs teen ons land kom oorlog maak en hulle wil in ons mooi huise ingaan, dan sal ons, die Israeliete, genoeg leiers om teen hulle te veg.
5 Ons leiers met hulle skerp swaarde sal die Assiriërs oorwin wat uit die land Nimrod kom. Wanneer hulle in ons land inkom om teen ons te kom veg, dan sal ons nuwe koning ons red.
6 Die Israeliete wat nog lewe, sal wees soos dou wat van die Here kom na baie volke toe. Hulle sal wees soos goeie reën wat die gras groen laat word.
7 Die Israeliete wat nog lewe, sal tussen al die volke wees soos leeus wat tussen wilde diere loop, of soos leeus wat tussen 'n klomp skape loop en hulle doodbyt. Niemand kan die diere uit die leeus se bekke ruk nie.
8 Die Israeliete sal hulle vyande almal doodmaak.”
9 Maar die Here sê: “Ek sal daardie dag julle perde doodmaak en julle oorlogkarre verwoes.
10 Ek sal die stede in julle land verwoes, Ek sal hulle sterk mure afbreek.
11 Ek sal die goed waarmee julle toor, uit julle hand ruk. Daar sal nie meer mense by julle wees wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie.
12 Ek sal julle beelde en julle klip-pale verwoes. Julle sal nie meer buig voor afgode wat julle self gemaak het nie.
13 Ek sal julle gewyde pale uitruk en julle stede verwoes.
14 Ek sal die volke swaar straf wat nie geluister het na My nie.”