Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 9

:
Afrikaans - ABA
1 Job het weer gepraat. Hy het gesê:
2 “Ja, ja ek weet dit is so. Hoe kan 'n mens regverdig wees voor God?
3 As iemand met God hof toe wil gaan, dan sal hy nie vir God kan antwoord nie, nie een maal nie, ook as God 1 000 vrae vir hom vra.
4 God het wysheid en Hy is baie sterk. Wie was opstandig teen Hom en het geslaag? Niemand.
5 Hy skuif berge, en hulle weet dit nie, Hy gooi berge om wanneer Hy kwaad is.
6 Hy skud die aarde, dit bly nie waar dit is nie, en die pilare van die aarde bewe.
7 Wanneer Hy die son moet ophou om te skyn, dan hou dit op om te skyn. Hy laat ook die sterre stilstaan.
8 Net Hy trek die hemel styf soos 'n tent, net Hy loop op die branders van die see.
9 Hy het die Beer en Orion gemaak, die Sewe-ster en die sterre wat suid in die lug is.
10 God doen groot dinge, mense verstaan dit nie, Hy doen so baie wonderwerke dat niemand dit kan tel nie.
11 Julle moet dit weet: Wanneer Hy by my verbygaan, dan kan ek Hom nie sien nie. Wanneer Hy verder loop, dan weet ek dit nie.
12 Ja, wanneer Hy iets wil wegvat, dan kan niemand Hom keer nie. Wie mag vir God vra: ‘Wat doen U nou?’
13 Hy hou nie op om kwaad te wees nie, almal wat vir Rahab wou help, moes buig voor Hom.
14 Hoe kan ek Hom antwoord? Wat moet ek wanneer ek met Hom praat?
15 Ek is onskuldig, maar ek kan Hom nie antwoord nie. Ek kan net bid dat Hy, my Regter, genadig sal wees vir my.
16 As ek geroep het, en Hy het my geantwoord, dan sal ek nie glo dat Hy luister na my nie.
17 Hy druk my stukkend met 'n stormwind, Hy hou aan om my seer te maak, maar ek het nie verkeerd gedoen nie.
18 Hy gee nie vir my tyd om weer asem te kry nie, Hy laat my meer en meer swaarkry.
19 Wanneer ons kyk wie is die sterkste, dan sien ons dat Hy die Een is wat sterk is. Wanneer ons kyk wie reg gedoen het, wie kan dan hof toe gaan met Hom? Niemand.
20 Ek is onskuldig, maar alles wat ek sê, wys dat ek skuldig is. Ek het heeltemal reg gelewe, maar Hy ek is skuldig.
21 Ek het heeltemal reg gelewe, maar nou ken ek myself nie, ek is jammer dat ek lewe.
22 Dit is alles dieselfde, daarom ek: God verwoes almal, die mense wat reg gelewe het én ook die mense wat verkeerd gelewe het.
23 Wanneer daar skielik 'n slegte ding gebeur, dan sterf onskuldige mense, maar God lag daaroor.
24 Hy laat mense wat verkeerd doen, regeer oor die aarde. Hy keer sodat die regters nie kan sien wat verkeerd is nie. As dit nie Gód is wat dit doen nie, wie doen dit?”
25 “Die dae van my lewe gaan vinniger verby as iemand wat hardloop, hulle is verby voordat ek iets kon geniet.
26 Hulle gaan so vinnig verby soos bote van biesies, soos 'n aasvoël wat afduik na sy kos.
27 Wanneer ek ek wil ophou om te kla, ek wil glimlag en vrolik wees,
28 dan word ek bang oor al my pyn, want ek weet U sal nie dat ek onskuldig is nie.
29 U sal ek is skuldig, hoekom sal ek dan aanhou probeer? Dit help my niks.
30 Wanneer ek my was met sneeuwater, wanneer ek my hande skoon was met seep,
31 dan sal God my weer in 'n moddergat gooi, en ek sal so vuil wees dat my klere nie aan my liggaam wil bly nie.
32 Ja, Hy is nie 'n mens soos ek nie, ek kan Hom nie antwoord nie, ek kan nie vir Hom dat ons hof toe moet gaan nie.
33 Daar is niemand wat kan luister na wat ons altwee nie, niemand wat kan besluit wie is reg nie, God of ek.
34 Hy moet ophou om my te slaan, Hy moenie aanhou om my bang te maak vir Hom nie,
35 dan sal ek kan praat en ek sal nie bang wees vir Hom nie, maar nou kan ek nie praat nie.”