Job 8ABA

1Bildad van die land Suag het begin praat. Hy het vir Job gesê:

2“Hoe lank wil jy aanhou om hierdie dinge te sê? Wanneer jy praat, dan is dit soos 'n sterk wind wat waai.

3God, die Almagtige, doen net wat reg is.

4As jou kinders sonde gedoen het teen Hom, dan het Hy hulle gestraf oor hulle sonde.

5Jy moet vir God, die Almagtige, vra om genadig te wees vir jou.

6As jy regtig onskuldig en eerlik is, ja, dan sál Hy luister na jou en Hy sal weer vir jou die dinge gee wat jy moet kry.

7Toe jy begin het, het jy min gehad, maar jy sal baie kry.

8Vra vir mense wat ouer is as jy, vra hoe dit gegaan het met hulle voorvaders.

9Want ons wat gister gebore is, ons weet niks, ons lewe op die aarde gaan gou verby, soos 'n skaduwee.

10Die ouer mense sal vir jou leer, hulle sal vir jou sê wat hulle weet.

11Riete groei net waar die grond nat is, hulle groei waar daar water is.

12As daar nie water is nie, dan word die riete droog voordat die gras droog word, die riete word droog voordat dit groot is, voordat 'n mens dit kan afsny.

13So gaan dit met 'n mens wat vir God vergeet. 'n Mens wat nie vir God wil dien nie, kan niks hoop nie.

14Hy is soos iemand wat dink dat hy aan 'n dun draadjie kan hang, soos iemand wat dink 'n spinnerak kan sy huis wees.

15As hy teen so 'n huis wil lê, dan gly die huis weg, as hy daaraan wil vashou, dan is dit nie daar nie.

16Hy is soos 'n jong plant in die son. Die plant se blare hang oor die tuin,

17en sy wortels gaan tussen hope klippe in, dit groei vas aan die klippe.

18Maar wanneer iemand die plant uittrek, dan sê die mense: ‘Ons het die plant nooit gesien nie.’

19Hy het min gehad waaroor hy bly kon wees, en daar groei ander plante uit die grond.

20Jy moet weet, God sal nie 'n mens los wat heeltemal reg doen nie, en Hy sal nie slegte mense help nie.

21Hy sal jou weer gelukkig maak, Hy sal jou laat sing omdat jy bly is.

22Dit sal sleg gaan met die mense wat vir jou haat, die huis van mense wat verkeerd doen, sal nie bly staan nie.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 8.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.