Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Job 7

:
Afrikaans - ABA
1 “'n Mens moet hard werk op die aarde, sy dae is so lank soos 'n dagloner se dae.
2 'n Mens is soos 'n slaaf wat wens dat hy in die skaduwee kan kom, hy wag vir sy beloning, soos 'n dagloner.
3 So het God vir my ook maande en nagte lank laat swaarkry.
4 Wanneer ek gaan lê, dan vra ek: ‘Wanneer kan ek opstaan?’ Maar die nag is lank, en ek hou aan om rond te rol totdat dit lig word.
5 My hele liggaam is vol wurms en stof, my vel bars, en die vuil bloed vloei daaruit.
6 My dae gaan vinniger verby as 'n wewerspoel, my lewe is amper verby, ek kan niks hoop nie.
7 Onthou, my lewe is soos die wind, dit sal nie weer goed gaan met my nie.
8 Die wat my nou sien, sal my nie weer sien nie. Terwyl julle kyk na my, sal ek skielik nie meer daar wees nie.”
9 “'n Wolk word kleiner en dit verdwyn. So verdwyn iemand wat sterf, hy kom nie op uit die doderyk nie.
10 Hy kom nie terug na sy huis nie, die mense van sy woonplek onthou hom nie meer nie.
11 Daarom kan ek nie my mond hou en stilbly nie, ek moet praat, want ek kry swaar. Ek moet kla, want dit gaan sleg met my.
12 Is ek regtig so gevaarlik soos die see of soos 'n watermonster? Ek vra dit, want U staan wag by my.
13 Wanneer ek dink dat dit beter sal gaan met my as ek op my bed gaan lê, en dat ek dan nie so sleg sal voel nie,
14 dan laat U my skrik vir die dinge wat ek droom, dan laat U my bang word vir die dinge wat ek sien wanneer ek droom.
15 Dit sal vir my beter wees wanneer iemand my verwurg. Dit is beter vir my om dood te wees as om so te lewe.
16 Ek haat dit om so te lewe, ek wil nie aanhou lewe nie. U moet my los, my lewe is nie soos dit moet wees nie.
17 Hoekom is 'n mens vir U belangrik, hoekom dink U aan hom?
18 Hoekom kyk U elke dag wat hy doen, hoekom hou U aan om hom te toets?
19 Hoekom kyk U nie weg van my nie, hoekom los U nie vir my nie? Gee vir my tyd sodat ek my spoeg kan insluk!
20 As ek sonde gedoen het, wat kan ek aan U doen, U wat aanhou kyk wat 'n mens doen? Hoekom het U my geskiet, hoekom wil U my nie meer dra nie?
21 Hoekom vergewe U nie my sonde nie, hoekom vergeet U nie dat ek verkeerd gedoen het nie? Ek sal nou in die stof gaan lê, ek sal sterf, en U sal my soek, maar ek sal nie daar wees nie.”