Job 6ABA

1Daarna het Job begin praat. Hy het gesê:

2“As ek al my swaarkry op 'n weegskaal kan weeg,

3dan sal dit swaarder wees as die sand by die see. Daarom het ek gepraat voordat ek goed gedink het,

4want die pyle van die Almagtige is in my, ek drink van die gif van die pyle. God het my baie bang laat word.

5'n Wildedonkie balk nie wanneer hy gras het om te eet nie, 'n bees bulk nie by sy kos nie.

6'n Mens eet nie kos sonder sout nie, die wit van 'n eier smaak nie lekker nie.

7Ek sal dit nie eet nie, dit is kos wat my siek sal maak.”

8“Ek wens dat God vir my sal gee wat ek vra, ek wens dat Hy sal doen wat ek wil hê.

9God moet besluit om my stukkend te trap, Hy moet sy hand uitsteek en my doodmaak.

10Dan sal ek tevrede wees, my pyn sal aanhou, maar ek sal nog altyd bly wees, want ek het nie stilgebly oor wat die heilige God gesê het nie.

11Waar sal ek die krag kry om aan te hou lewe? Hoe kan ek aanhou lewe totdat my tyd daar is om te sterf?

12Ek is nie so hard soos klip nie, my liggaam is nie gemaak van koper nie.

13Nee, ek het niks krag nie, ek kan myself nie help nie.”

14“As dit vir iemand te swaar is om vir sy vriende te doen wat hy moet doen, dan respekteer hy nie meer die Almagtige nie.

15My vriende is ontrou, hulle is soos 'n watersloot.

16Wanneer die ys en die sneeu smelt, dan vloei die waterstrome,

17maar wanneer dit warm word, dan vloei die water nie meer nie en die sloot word droog.

18Mense wat verbykom op die pad, gaan na die sloot, maar hulle kry niks water nie, hulle sterf van die dors.

19Handelaars uit die lande Tema en Skeba hoop dat hulle daar water sal kry,

20maar hulle bly dors, hulle het water kom soek, maar hulle het niks gekry nie.

21Ek kry by julle ook niks. Toe julle sien hoe sleg dit met my gaan, het julle bang geword.

22Is dit omdat ek vir julle gevra het om iets vir my te gee? Het ek vir julle gevra om omkoopgeld te betaal om my vry te maak?

23Het ek gevra dat julle moet help om my vry te laat wegkom van 'n vyand? Het ek gevra dat julle my moet loskoop van wrede mense?”

24“Julle moet vir my sê wat ek moet doen, dan sal ek stilbly. Ek wil weet wat ek verkeerd gedoen het, julle moet dit vir my sê.

25As julle eerlik praat, dan sal ek nie seerkry nie, maar die dinge wat julle vir my sê, beteken niks.

26Dink julle dat die dinge wat ek sê, verkeerd is? Wil julle nie hoor wat 'n moedelose mens sê nie?

27Julle sal lootjies trek oor 'n weeskind, julle sal julle vriend verkoop.

28Maar kyk nou in my oë, ek sal nie vir julle lieg nie.

29Julle moet asseblief ophou om my te beskuldig, julle moet ophou, ek het nog altyd reg gedoen.

30Het ek verkeerde dinge gesê? Dink julle ek het nog nie swaargekry nie?”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 6.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.