Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Job 5

:
Afrikaans - ABA
1 Job, jy kan skree, maar niemand sal jou antwoord nie. Nie een van die engele sal wil luister na jou nie.
2 'n Dwaas, 'n dom mens, kla en hy word kwaad, maar dit laat hom sterf.
3 Ek het self gesien dat dit begin goed gaan met 'n dwaas, maar dan het ek dadelik gesê dat dit sleg sal gaan met sy huisgesin.
4 Dit gaan nooit goed met 'n dwaas se kinders nie, mense doen nie reg aan hulle nie, en daar is niemand wat hulle red nie.
5 Mense wat honger en dors is, eet die koring wat die dwaas afsny, hulle haal die koring uit tussen die dorings, hulle probeer alles vat wat die dwaas het.
6 Dit is nie die stof of die grond wat dit sleg laat gaan en wat mense laat swaarkry nie,
7 nee, mense word gebore om swaar te kry, hulle lewe is gou verby, dit is soos vuurvlamme wat gou verdwyn.
8 Maar ek? Ek sal bid tot God wanneer dit sleg gaan met my, ek sal Hom vra om my te help.
9 Hy doen groot dinge wat ons nie kan verstaan nie, Hy doen wonderwerke, meer as wat ons kan tel.
10 Hy gee reën op die aarde, Hy laat die veld nat word daar buite.
11 Hy maak nederige mense belangrik, Hy laat dit weer goed gaan met mense wat rou.
12 God maak die planne van skelm mense deurmekaar, die dinge wat hulle doen, slaag nie.
13 Hy vang die slim mense met hulle eie skelm planne, Hy keer die planne van mense wat wil bedrieg.
14 Dit word vir hulle donker wanneer dit dag is, in die middel van die dag voel hulle waar hulle moet loop.
15 Maar God red die mens wat niks het nie, Hy red hom van die mense wat hom beskuldig, Hy red hom van die mense wat sterker is as hy.
16 Daarom kan die arm mens weer begin hoop, en niemand kan verkeerde dinge doen aan hom nie.
17 “'n Mens is gelukkig wanneer God vir hom leer. Wanneer die Almagtige vir jou wil leer hoe om te lewe, dan moet jy luister.
18 Want God maak seer, maar Hy bind die seerplek weer toe, Hy slaan stukkend, maar Hy maak die stukkende plek weer gesond.
19 Hy sal jou elke maal weer red, Hy sal keer sodat niks sleg met jou gebeur nie.
20 Wanneer die kos min is, dan sal Hy keer sodat jy nie sterf nie. Wanneer daar oorlog is, dan sal hy keer sodat vyande nie vir jou doodmaak nie.
21 Hy sal jou beskerm wanneer mense sleg praat van jou, jy sal nie bang wees wanneer dit gevaarlik is nie.
22 Wanneer dit gevaarlik is, en daar is hongersnood, dan sal jy lag, jy sal nie bang wees vir die wilde diere nie.
23 Die klippe in die veld sal jou nie seermaak nie, die wilde diere sal jou nie pla nie.
24 Jy sal weet dat jy veilig is in jou tent, jy sal sien dat niks weg is wanneer jy na jou weiveld kyk nie.
25 Jy sal weet dat jy 'n groot nageslag het, jou afstammelinge sal so baie wees soos die gras in die veld.
26 Jy sal sterf en in die graf kom 'n gelukkige lewe, jy sal soos 'n koring-gerf na die dorsvloer gaan wanneer dit die regte tyd is.
27 Dit is wat ons uitgevind het, dit is hoe dit is, jy moet luister en jy moet dit self weet.”