Job 4ABA

1Elifas van die land Teman het begin praat. Hy het gesê:

2“Job, jy sal miskien nie daarvan hou dat ek vir jou iets probeer sê nie. Maar ek kan nie stilbly nie.

3Luister na my, jy het vir baie mense geleer hoe hulle moet lewe, jy het mense wat moedeloos was, weer sterk gemaak,

4Party mense wou val, maar jy het hulle gehelp om regop te bly, jy het hulle sterk gemaak om aan te hou lewe.

5Maar nou gaan dit sleg met jóú, en nou is jy moedeloos, nou gebeur dit met jou, en nou is jy bang.

6Jy het altyd vir God gedien, jy was 'n goeie man, jy het heeltemal reg gelewe. Daarom moet jy nou hoop en weet dat dit weer beter sal gaan.

7Dink 'n bietjie hieroor: Is daar iemand wat onskuldig was en gesterf het? Is daar 'n eerlike mens wat verdwyn het?

8Ek sien dat dit sleg gaan met die mense wat slegte dinge doen, ek sien dat die mense wat ander mense wil laat swaarkry, self swaarkry.

9God word kwaad vir hulle, en hulle sterf, God vee hulle weg van die aarde.

10Leeus kan brul en raas, maar as 'n leeu sy tande verloor,

11dan kan hy niks vang nie, dan gaan hy dood van die honger, en sy welpies loop oral rond.

12“Ek het gehoor dat iemand sag praat, ek kon nie baie goed hoor wat hy sê nie.

13Dit was toe ek gedroom het, toe almal vas geslaap het.

14Ek het geskrik en ek het bang geword, my hele liggaam het gebewe.

15'n Wind het oor my gewaai, die hare op my liggaam het regop gestaan.

16Daar het iemand gestaan, ek kon nie sien wie hy is nie, maar ek het gehoor dat hy sê:

17‘Sal God kan sê dat 'n mens reg lewe? Sal 'n mens onskuldig kan wees voor die Een wat hom gemaak het?

18Nee, God weet dat sy dienaars in die hemel nie altyd doen wat hulle moet doen nie, Hy weet dat sy engele ook foute maak.

19Die mense wat Hy gemaak het van klei en van stof, maak nog meer foute, 'n mens kan daardie mense plat druk soos motte.

20Mense sterf elke dag, hulle verdwyn vir altyd, en niemand sien dit nie.

21Hulle sterf en hulle is weg en hulle het nie wysheid gekry nie.’

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Job 4.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.