Bible

Create

Inspiring Presentations Without Hassle

Try Risen Media.io Today!

Click Here

Job 39

:
Afrikaans - ABA
1 “Kan jy diere vang vir 'n leeu, kan jy vir hom genoeg gee om te vreet
2 wanneer hy en wag agter die bosse?
3 Wie gee vir 'n kraai die kos wat hy moet wanneer sy kleintjies honger is en rondloop en na God roep om hulle te help?”
4 God het nog met Job gepraat en vir hom gesê: “Job, weet jy wanneer die klein klipspringers gebore word? Staan jy en kyk waar die takbokke lammers kry?
5 Weet jy hoe lank 'n ooi die kleintjie dra en wanneer sy die lammetjie moet kry?
6 Weet jy wanneer sy gaan om die kleintjie te kry?
7 Die kleintjies word gou groot in die veld, hulle gaan weg en kom nie terug nie.
8 Wie het gesê die wildedonkie mag vry wees, wie het hom gelos sodat hy kan loop waar hy wil?
9 Ek laat hom woon in die droë plekke, die sout-veld is sy woonplek.
10 Dit wildedonkie spot omdat dit so raas in die stad, hy hoor nie dat iemand vir hom skree en hom jaag nie.
11 Hy soek sy kos in die berge, hy kyk waar al die groen plantjies is.”
12 “Sal die oer-os vir jou wil werk? Sal hy by jou krip kom slaap?
13 Kan jy hom vang met 'n tou sodat hy jou ploeg kan trek? Kan jy hom lei sodat hy jou land sal omploeg?
14 Kan jy sy groot krag gebruik sodat hy jou swaar werk kan doen?
15 Dink jy hy sal ook nog jou koring na die dorsvloer bring?”
16 “'n Volstruis kan haar vlerke vrolik klap, maar sy kan nie vlieg soos 'n ooievaar nie.
17 'n Volstruis haar eiers op die grond, sy broei hulle uit in die stof.
18 Sy dink nie daaraan dat wilde diere op die eiers kan trap en dit kan breek nie.
19 Sy is 'n wrede ma vir haar kleintjies, sy maak of hulle nie háár kleintjies is nie, sy is nie bekommerd as sy die eiers uitgebroei het, en as die kleintjies nie lewe nie.
20 God het nie vir haar wysheid gegee nie, Hy het haar nie verstandig gemaak nie.
21 Maar wanneer sy haar vlerke optel en sy hardloop, dan lag sy vir die perd en vir die man wat op hom ry.”
22 “Job, is dit wat vir die perd sy krag gee, sit jy die lang hare aan sy nek?
23 Het jy vir die perd geleer om te spring soos 'n sprinkaan? Almal word bang wanneer hy snork.
24 Hy kap die grond met sy pote, hy wys dat hy sterk is en dat hy graag in die oorlog wil ingaan.
25 Hy is nooit bang nie, hy vlug nie vir oorlog nie.
26 Die pyle raas in die sak langs hom, en die spiese blink.
27 Hy kan nie stilstaan nie, hy is gereed om te hardloop wanneer die ramshoring blaas.
28 Hy snork wanneer die ramshoring blaas, hy weet dat die oorlog kom, hy hoor die offisiere skree dat die oorlog moet begin.”
29 “Het jy vir die valk geleer om hoog te vlieg, het jy vir hom geleer om sy vlerke oop te maak en na die suide te vlieg?
30 Het jy vir die aasvoël gesê hy moet sy nes op 'n hoë plek gaan bou?
31 Sy nes is op die rotse, hy bly op die hoogste plekke van die berge.
32 Hy sit daar en kyk af om sy kos te soek, hy kan dit ver sien.
33 Die aasvoël kom waar dooie liggame lê, en sy kleintjies vreet die rou vleis.”
34 Die Here het toe vir Job gesê:
35 “Jy wou die Almagtige beskuldig, jy wou vir God dat Hy verkeerd gedoen het. Nou moet jy antwoord.”
36 Job het toe vir die Here gesê:
37 “Ek weet nou dat ek niks beteken nie, wat kan ek antwoord? Ek sal niks nie.
38 Ek het probeer om te wat ek wou sê, ek het dit weer en weer gedoen, maar nou sal ek stilbly, ek sal nie antwoord nie.”